Thursday 18 June 2020

Geen vrees



In die aand kan ek gaan slaap sonder om te le en rondrol van bekommernis. In die more word ek rustig wakker, want ek weet die Here sal my krag gee om my probleme op te los.

Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my. Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel.

Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos 'n lig wat 'n mens in 'n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie.

As ek bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou.

Ek prys God omdat Hy belowe het dat Hy my sal help. Ek loof die Here. Hy hou sy Woord.

Die Here is by my. Daarom is ek vir niks bang nie, niemand kan iets aan my doen nie.

Related image

No comments:

Post a Comment