Wednesday 17 June 2020

Sukses



Die wereld se sukses is ander as God se sukses.

Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee. En die mense sal ook van jou hou.

As jy die rigting volg wat God vir jou wys. Sal jou lewe rustig wees.

Hy weet wat Hy vir jou in gedagte het. Hy beplan dat goeie dinge met jou sal gebeur en nie slegte goed nie. Hy wil he dat jy 'n hoop vir die toekoms moet he.

Sukses is nie om jouself te kan help nie. Dit is om die Here te vertrou vir 'n uitkoms.

Sukses word nie behaal deur jou eie prestasies nie. Dit is God wat in jou werk om die goeie te behaal.

Dit gaan goed met elkeen wat kom om die Here te dien. Hy maak ons planne voorspoedig. Hy gee sukses op alles wat ons begin doen het.

Wie wys leef, kry rykdom en voorspoed en sukses. Die voordele van die regte manier van leef is onpeilbaar groot.

No comments:

Post a Comment