Tuesday 16 June 2020

Ongesonde gewoontes




Ons is so gou om te raas met ons tieners op hulle fone.

Maar het ons al gekyk hoe lank ons op ons fone is.  Dit is so maklik om die verskoning te gee maar dit is werk.  As jy mooi gaan sit en kyk is jy skuldig dat jy ook maar net so verslaaf is aan jou foon.

"n Gewoonte wat ons maar sukkel om te los.

Raak ons maklik gestress en dink ons hoe ons hier gaan uitkom.
'n Gewoonte om self plannetjies te beraam, as om stil te word en op God te vertrou. 

Ons raas ook met ons kinders en se hulle is lui, en wil niks doen nie. Het ons ook nie take wat ons maar net uitskuif na later nie. Is ons ook nie lui om aandag te gee aan die dinge wat ons moet nie.

Vat elke geleentheid en doen iets produktief.

Noudat die skole nie meer mag sport doen nie, is daar 'n paar wat maar sukkel om self oefeninge te doen.  Raak aktief en doen iets. Die maklike antwoord is: dit is koud ek bly liewers in die huis.  As jy raad het hoe om aktief te bly in die winter deel dit met ons almal.



No comments:

Post a Comment