Monday 8 June 2020

Jy en jou geld



Hoe om te leef dat geld nie jou baas word nie.

Moet nie dat jy omgekoop word met geld om verkeerde dinge te doen nie.
As jy geld leen by ander maak seker jy betaal dit terug.

Soek altyd vir Winskope.
Moenie jou vir baie geld afsloof nie. Wees slim genoeg om te weet wanneer
jy genoeg het.

Pas dus die dinge wat jy het, baie goed op. Kyk mooi na jou eiendom.
'n Suinige en jaloerse mens sal alles doen om ryk te word. Op die ou einde het
hy nog steeds niks nie.

Geld is nie alles nie. As God jou bly en gelukkig maak, dink jy glad nie aan hoe
kort en swaar die lewe is nie.

As jy ander mense help moet nie 'n ophef daarvan maak nie. Geld moet nie jou baas
wees nie. Moet nie agter geld aan hardloop nie.

As jy baie geld het moet nie te veel van jouself dink nie. Moet nie jou lewe op geld
en rykdom bou nie, want dit hou nie baie lank nie. Jy kan nie altyd versekerd wees
oor jou geld nie.

Bou jou lewe eerder op God deur om Hom te vertrou. Hy sal sorg dat jy alles
kry wat jy nodig het om van te leef.

Moet nie dat geld alles in jou lewe word nie. Wees tevrede met wat jy het en moenie
heeltyd agter geld aanhardloop asof dit die belangrikste ding in jou lewe is nie.
God se belofte is die volgende:

Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

No comments:

Post a Comment