Monday 8 June 2020

Die Liefde




Hoe belangrik is liefde vir jou?

Hoe belangrik is dit vir die Here dat jy liefde bewys aan ander?

Het jy die grootste geloof, maar jy het nie ander mense lief nie is jy nul op 'n kontrak vir die Here.

Om ander lief te he beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie,
 om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees.
 Sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel.
Om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees
 as hulle dinge het wat jy nie het nie.

Moet nie heeltyd oor jouself praat en spog nie. Om nie heeltyd te maak
asof jy soveel beter as ander mense is nie.
Moet nie ongeskik wees nie,gedra jou so dat ander om jou gemaklik is.

Word jy sommer vir niks kwaad nie, onthou jy elke klein dingetjie wat aan jou
gedoen is? 

Liefde het ook grense. Liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie.
Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het. Liefde glo altyd die beste van ander mense.
Liefde ken geen einde nie.

No comments:

Post a Comment