Tuesday 9 June 2020

Wat jou motiveer om aan te hou




Dit gaan nie oor hoe jy voel nie.  Elke dag staan jy op en jy begin jou dag.

Jy is bly dat God jou nog 'n dag gee om in sy genade te leef. Jy kan nie in beheer
wees van alles nie. Gee oor aan God.

Ons is hier op 'n reis na die ewigheid.  Jy moet so leef dat jy jou los maak van wat
agter is en strek na wat voor is. Om die prys te behaal.

Ons gaan hier deurkom en ons gaan dit maak.  Jy plaas jou hand in Sy hand en vertrou.
Moet nie heeltyd tob oor gister nie.  Vandag is 'n nuwe dag en 'n nuwe begin.

Kies vandag om die beste jy te wees. Fokus op God se woord. Bly positief in jou
omstandighede. Moet nie die duiwel 'n oorhand gee om enigsins te twyfel nie.

Jou lewe is 'n kunswerk. Beskerm jou hart. Kyk met nuwe oe na jou omstandighede.
Wees 'n goeie voorbeeld vir ander.

Wees dankbaar oor alles.  Wees gelukkig vandag. Verander jou denke.

Related image

No comments:

Post a Comment