Monday 1 June 2020

Wat het ek meer nodig in my lewe?




Dit is nie besittings nie.  Dit is wel Geduld.

Geduld om altyd die regte ding te se op die regte tyd.  Meer te luister en nie gou om
te praat nie. Nie gou om te oordeel. Of die foute uit te wys nie.

Geduld met my Familie lede en medemens.  Ons is so gou om ons perdjies te spring
om onsself te verdedig. Ons is te gou om te staan vir wat reg is.

Geduld om nog 'n keer iets te herhaal sonder om jou stem te verhef.
Om te wag in 'n ry of as iemand stadig voor jou ry en jy is haastig.

Geduld is iets wat ons almal dalk nodig het.

No comments:

Post a Comment