Thursday 25 June 2020

Vertroue in die regte dinge



Gee jou geloof in die Here nie vir jou die vertroue wat jy nodig het nie? Jy het altyd reg geleef omdat jy die Here eer. Dit behoort mos vir jou hoop te gee.

Ek het nooit my vertroue op geld of goud gesit nie. Ek sal 'n nuwe lied tot die Here se eer sing, want hy is ons God. Baie mense sal raaksien wat Hy gedoen het. Dit sal maak dat hulle op Hom vertrou. Hulle sal Hom eer.

Ek bou al my hoop op U. Van jongs af vertrou ek net op U. Slegte nuus ontstel my nie, want my hand is veilig in die Here s'n, omdat ek op die Here vertrou.

Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm.  Dit sal goed gaan met mense wat U vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

No comments:

Post a Comment