Monday 31 January 2022

Wat gaan gebeur?

 Daar is so baie dinge wat om jou gebeur en wat jou gedagtes in beslag neem.

Jy dink hoe elke situasie gaan uitspeel, jy verwag soms die ergste.

Hoe hou ons ons gedagtes skoon van neerslagtigheid en moedeloosheid? Om jou gedagtes te vul met die waarheid.

Die waarheid: daar is sekere dinge buite jou beheer en jy kan nie alles wil beheer nie.

God is en bly in beheer.

Leef in vertroue met die wete dat Hy 'n voorspoedige toekoms vir jou beplan.



Sunday 30 January 2022

Eerste Maand

 Die eerste maand van die nuwe jaar is verby.  Wat het jy anders gedoen of het jy aangegaan op dieselfde trant?

Was die maand goed vir jou of is jy net bly dit is verby? Wens jy elke dag om of leef jy vir elke dag en maak dit die beste dag ooit?

Leer uit jou foute en maak beter keuses vir die maand wat voorle.

Elke maand het sy op en af en elke maand gaan vir jou struikelblokke gooi. Dit wat jy besluit om te doen met daardie struikelblokke maak van jou 'n beter mens. Kry dit jou onder of klim jy bo-oor dit? jou keuse.

Makliker gese as gedoen, want as jy in daardie bootjie is waar die storms woed voel dit vir jou of jou bootjie gaan vergaan.

So die vraag is wie is aan die stuur van jou bootjie jyself of God?  Vertrou God vir die maand wat kom en maak elke keuse eers deur gebed as net om uit te spring en self te wil swem.

Hou God se hand vas en stap saam met Hom, die volgende maand in. Sonder Hom kan jy niks doen nie.



Wednesday 26 January 2022

Die beste geskenk

Net voor jou verjaarsdag vra almal wat wil jy graag he.  Wat is die beste geskenk wat jy graag wil he?

Dink daaroor?  Dit hang baie af van jou ouderdom, hoe jonger is besittings vir jou baie belangrik, hoe ouer word mense om jou meer belangriker as besittings.

Nou is daar een geskenk wat ons almal vergeet wat die heel grootste geskenk in die wereld is. 

Die Ewige Lewe dit is 'n gratis geskenk. Al wat dit van jou vra is om dit jou eie te maak.

Leef jy so of jy die ewige lewe het of leef jy net vir nou.  Neem die geskenk en maak dit jou eie want sonder die geskenk het jou lewe nie veel betekenis nie.

Vat God se geskenk en maak dit jou eie.



Tuesday 25 January 2022

Always find a reason to laugh

 Wel dit is nie altyd maklik nie.  As die lewe vir jou 'n suurlemoen gee maak lemonade is die saying.

Wel ek sit liewers in 'n hoekie en sien die ergste.

'n Bekommerde mossie. Hoe lag 'n mens as dinge te veel word.

Find a reason to laugh. Kyk net na kinders geen worries nie, hoekom vergeet ons die belofte dat God altyd sal sorg.

Dit is nie verniet dat Hy se word soos kinders nie, want hulle lag altyd en sien die reenboog.

So as jy down to the dumps vandag is vind 'n manier om te lag. Al voel dit vir jou die moeilikste om nou te doen.



Monday 24 January 2022

Prioriteite

 As jy stil gaan sit en jou lysie maak van jou prioriteite sal dit reg wees.

Wat doen jy heel eerste as jy opstaan.  Wat neem jou tyd in beslag.

Almal vrae jou aandag kinders, man, jou werk, en voor jy jou kan keer is God laaste op jou lysie.

Begin jy elke dag eers om stil te word en raad by Hom te vra. Spring jy net weg met jou te doen lysie.

Raak stil en kry jou lysie reg en sit God eerste en al die ander dinge sal in plek val.



Sunday 23 January 2022

Jou vrese

Lys jou vrese

Vrees 1

Dat daar iets met my familie sal gebeur soos siekte of dood.

Belofte: God is in beheer en as jy Jesus het het jy die ewige lewe.

Vrees 2

Die onbekende toekoms

Belofte: Dit wat God vir jou beplan is voorspoed en nie teespoed nie. "n Toekoms.

Vir elke vrees het God 'n belofte. Hou vas aan die beloftes en nie jou vrese nie.




Thursday 20 January 2022

Jou bekommernisse

Is jou bekommernisse realisties?

Moenie jou gedurig loop en bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: Gaan ek genoeg he om te eet? of gaan ek genoeg he om aan te trek? nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.

Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie.

Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. Hou op om te se: Wat gaan ons vandag eet of drink? of Wat gaan ons vandag aantrek?

Julle het 'n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry.

Los more se probleme vir die dag van more. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!




Wednesday 19 January 2022

Uitdagings

 Ons het twee manier om uitdagings te hanteer.

Hardloop weg en aanvaar nie die uitdaging nie of

Neem die uitdaging aan en werk aan die uitdaging.

Ons het elke dag uitdagings wat oor ons pad kom. Dit is ons keuses wat ons daarmee maak.

Uitdagings is daar om ons 'n beter persoon te maak. Dit laat ons groei, as ons elke uitdaging gebruik en leer daaruit.  

As ons sien dat uitdagings net daar is om ons te laat voel soos 'n mislukking dan hanteer ons die uitdagings van 'n negatiewe oogpunt uit.

Neem jou uitdagings vandag en maak dit positief en sien elke uitdaging 'n manier hoe God in jou werk om jou 'n beter mens te maak. Die mens wat Hy jou geskape het as.

Neem jou uitdagings vandag en sien dit as geleenthede om te groei.




Tuesday 18 January 2022

Om jouself te vergewe

 Hoe moeilik is dit om jou self te vergewe?

Ons is geneig om op ons foute te fokus en dan so negatief oor ons self te dink, dat ons net nie ons self kan vergewe vir die foute wat ons maak nie.

Vergeet ons dat ons nie perfekte mense is nie. Ons is almal nog besig om te groei na volmaaktheid.

Elke dag is 'n dag om meer van jouself te leer en om te leer om in God se genade te leef en om jouself te vergewe soos Hy jou vergewe het. 

Leef so vandag dat jy sag met jouself sal wees en die beste sal doen en onthou wat jy doen doen jy vir die Here.




Monday 17 January 2022

Meer tyd

 Dit is so maklik om elke dag te vra vir meer tyd. Dit voel of die dag te min ure in het vir alles wat ons moet doen.

Is ons prioriteite reg?  Is ons dae so gevul dat ons jaag van een plek na 'n ander. Ons jaag in die oggende om die kinders klaar te kry vir skool. Ons jaag in die middae en wanneer raak ons stil.

Wanneer kom sit ons by Jesus se voete, soos Maria?  Ons is te veel soos Marta en werk en vergeet die belangrikste.

Laat jy vandag tyd maak vir dit wat belangrik is!



Sunday 16 January 2022

Ek wil luister

 Wat luister jy graag na:  Daar is baie dinge wat ons na luister.

Die musiek op die radio, die keuse wat ons maak watter radio stasie ons wil luister. Na negatiewe nuus of kies ons die stasie met die Goeie Nuus.

Ons luister na ons kinder se stories, moedig ons hulle aan om net na goeie raad te luister.

Ons luister wat ander se, hulle woorde hoe beinvloed dit ons. Word ons moedeloos oor hulle woorde of word ons bemoedig.

Dan luister ons na ons eie gedagtes wat se dit vir ons is ons gedagtes positief of negatief.

Met al hierdie geluide wat ons hoor, wanneer word ons stil om God se stem te hoor.

Wat se Hy vir jou vandag:

Raak stil en sien sy Magtige dade. Raak stil en hoor wat Hy vir jou wil se. Luister 'n slag na Sy stem.



Thursday 13 January 2022

Sal kan doen met meer slaap

 Die skool is nou weer aan die gang en ons as mamma's hardloop rond.  Ons maak seker alles is reg. 

Slaap kan dalk laaste op ons lysie wees, maar dit is die belangrikste. "n Moeg mamma is 'n kwaai mamma.

Maak seker jy het 'n slaap skedule om elke aand die selfde tyd te gaan slaap en hou daarby.

Voor jy slaap drink 'n lekker koppie warm tee.  

Maak seker jy as mamma maak tyd vir jouself en om te oefen. Al is dit dan net om te gaan stap met jou kinders en om te hoor hoe was hulle dag.  

Vergeet die vrese en bekommernisse en moet nie met dit gaan slaap nie. Praat met God voordat jy gaan slaap en jy sal in vrede aan die slaap raak.



Wednesday 12 January 2022

Leer vandag iets

 Daar is elke dag 'n geleentheid om iets te leer van iemand anders.

Dit is nie noodwendig net om jou werk beter te kan doen nie. 

Al is dit net om te lag.

My seun wat nou in Graad 8 is kry dit baie goed reg om my te leer om meer te lag en nie die lewe so ernstig te vat nie.

Ek leer om meer te lag en die snaaks in elke dag te sien, deur sy oe.



Tuesday 11 January 2022

'n Loflied vir vandag.

 Elke dag gaan ons oor ons besigheid,

loop verby mekaar, vang mekaar se

oë of nie, op die punt om te praat of nie te praat.


’n Vrou en haar seun wag vir die bus.

’n Boer neem die veranderende lug in ag.

'n Onderwyser sê: Haal jou potlode uit. Begin.


Ons ontmoet mekaar in woorde, woorde

stekelrig of glad, gefluister of afgekondig,

woorde om te oorweeg, heroorweeg.


Ons kruis grondpaaie en snelweë wat merk

die wil van een en dan ander, wat gesê het

Ek moet sien wat aan die ander kant is.


Ek weet daar is iets beter op die pad.

Ons moet 'n plek kry waar ons veilig is.

Ons stap in dit wat ons nog nie kan sien nie.


Sommige leef deur jou naaste lief te hê soos jouself,

ander doen eers geen kwaad of vat nie meer nie

as wat jy nodig het. Wat as die magtigste woord liefde is?




Monday 10 January 2022

Leef voluit vir vandag

 Se my, weet jy presies wat more gaan gebeur? kan jy dit regtig se? Dink maar aan die lewe dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is it helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg.

Erken liewers dat die Here julle hele lewe beheer. Se liewer: As ons more nog leef, sal ons dit of dat doen. maar dit hang eintlik alles maar van die Here af.

Maak die beste van vandag, dit is al wat jy seker van is.



Sunday 9 January 2022

Kies om nie lui te wees nie.

 Nou dit is dalk moeilik vir die wat nou eers vandag terug is by die werk, na so 'n lekker lang vakansie.

Dit is maklik om lui te voel en nie lus te wees om weer terug by die werk te wees en vol stroom te begin nie.

So maak dan eers 'n lysie van wat jy eerste wil doen. Dalk gou weer met jou vriend/vriendinne by die werk te gesels.

Stel goeie doelwitte vir jouself vir die jaar waar jy elke maand iets wil bereik. 

Mense wat hard werk, bereik hulle doel. Lui mense bly lewenslank ander se vloerlappe.

Kies liewers om vandag hard te werk.  



Thursday 6 January 2022

Lei is sinvolle lewe

 Die jaar kan ons kyk hoe om sinvol te lewe.

Om met minder klaar te kom en tevrede te wees wat jy het.  Nie altyd net na sukses te jaag nie maar elke dag die lewe te geniet.

Raak stil en kyk en luister 'n slag. Kyk na die klein dingetjies om jou. Luister na elke geluid. Ons leef so gejaag al klaar.  Vat die jaar rustiger en spandeer tyd saam met die wat vir jou belangrik is.

'n Sinvolle lewe is 'n lewe saam met God en jou familie.  Jy kan nie sonder een van hulle nie.

Quote for the day: The Bible tells us that whenever we come before God, whatever our purpose or prayer request, we are always to come with a thankful heart.



Wednesday 5 January 2022

Waarsonder kan jy glad nie gaan nie

 Wel as jy vir enige tiener die vraag sal vra. Sal hulle antwoord wees hulle foon.

Wel ek dink daar is baie van ons wat ook nie sonder ons foon sal kan gaan vir 'n dag nie.

Ons het so afhanklik geword van dinge wat ons actually sonder kan klaar kom. Wat ons wel nodig het neem ons as vanselfsprekend aan en eers as ons dit glad nie het nie, dan besef ons dat ons vashou aan die verkeerde dinge in die lewe.

A quote for the day: If we comprehend what Christ has done for us, then surely out of gratitude we will strive to live "worthy" of such great love.

Hou vas aan dinge wat regtig saak maak!



Tuesday 4 January 2022

Noem 7 dinge wat jou gelukkig maak:

 1. Die Here in my lewe

2. My Gesin en familie

3. My werk

4. My vriendinne

5. Om in die natuur te kan wees

6. Vakansies

7. Om net te kan lag.

Ek daag jou uit maak jou eie lysie en sien of jy met meer kan opkom.  



Monday 3 January 2022

Onthou die volgende vir vandag:

 1. God is in beheer.

2. God het jou lief.

3. Wees dankbaar vir wat jy het.

4. Leef vandag sonder om te kla.

5. Leef so of vandag jou laaste dag is.




Sunday 2 January 2022

My wens vir jou vir die nuwe jaar

 Laat jy jou hele lewe sal gee aan die Here.


Volg Jesus se voorbeeld. Leef nie vir self nie, leef om liefde te gee vir ander.

Jy kan sinvol leef met Jesus aan jou kant.


Maak 2022 jou beste jaar met Jesus aan jou sy!