Sunday 30 January 2022

Eerste Maand

 Die eerste maand van die nuwe jaar is verby.  Wat het jy anders gedoen of het jy aangegaan op dieselfde trant?

Was die maand goed vir jou of is jy net bly dit is verby? Wens jy elke dag om of leef jy vir elke dag en maak dit die beste dag ooit?

Leer uit jou foute en maak beter keuses vir die maand wat voorle.

Elke maand het sy op en af en elke maand gaan vir jou struikelblokke gooi. Dit wat jy besluit om te doen met daardie struikelblokke maak van jou 'n beter mens. Kry dit jou onder of klim jy bo-oor dit? jou keuse.

Makliker gese as gedoen, want as jy in daardie bootjie is waar die storms woed voel dit vir jou of jou bootjie gaan vergaan.

So die vraag is wie is aan die stuur van jou bootjie jyself of God?  Vertrou God vir die maand wat kom en maak elke keuse eers deur gebed as net om uit te spring en self te wil swem.

Hou God se hand vas en stap saam met Hom, die volgende maand in. Sonder Hom kan jy niks doen nie.



No comments:

Post a Comment