Sunday 16 January 2022

Ek wil luister

 Wat luister jy graag na:  Daar is baie dinge wat ons na luister.

Die musiek op die radio, die keuse wat ons maak watter radio stasie ons wil luister. Na negatiewe nuus of kies ons die stasie met die Goeie Nuus.

Ons luister na ons kinder se stories, moedig ons hulle aan om net na goeie raad te luister.

Ons luister wat ander se, hulle woorde hoe beinvloed dit ons. Word ons moedeloos oor hulle woorde of word ons bemoedig.

Dan luister ons na ons eie gedagtes wat se dit vir ons is ons gedagtes positief of negatief.

Met al hierdie geluide wat ons hoor, wanneer word ons stil om God se stem te hoor.

Wat se Hy vir jou vandag:

Raak stil en sien sy Magtige dade. Raak stil en hoor wat Hy vir jou wil se. Luister 'n slag na Sy stem.



No comments:

Post a Comment