Monday 17 January 2022

Meer tyd

 Dit is so maklik om elke dag te vra vir meer tyd. Dit voel of die dag te min ure in het vir alles wat ons moet doen.

Is ons prioriteite reg?  Is ons dae so gevul dat ons jaag van een plek na 'n ander. Ons jaag in die oggende om die kinders klaar te kry vir skool. Ons jaag in die middae en wanneer raak ons stil.

Wanneer kom sit ons by Jesus se voete, soos Maria?  Ons is te veel soos Marta en werk en vergeet die belangrikste.

Laat jy vandag tyd maak vir dit wat belangrik is!



No comments:

Post a Comment