Tuesday 18 January 2022

Om jouself te vergewe

 Hoe moeilik is dit om jou self te vergewe?

Ons is geneig om op ons foute te fokus en dan so negatief oor ons self te dink, dat ons net nie ons self kan vergewe vir die foute wat ons maak nie.

Vergeet ons dat ons nie perfekte mense is nie. Ons is almal nog besig om te groei na volmaaktheid.

Elke dag is 'n dag om meer van jouself te leer en om te leer om in God se genade te leef en om jouself te vergewe soos Hy jou vergewe het. 

Leef so vandag dat jy sag met jouself sal wees en die beste sal doen en onthou wat jy doen doen jy vir die Here.




No comments:

Post a Comment