Wednesday 19 January 2022

Uitdagings

 Ons het twee manier om uitdagings te hanteer.

Hardloop weg en aanvaar nie die uitdaging nie of

Neem die uitdaging aan en werk aan die uitdaging.

Ons het elke dag uitdagings wat oor ons pad kom. Dit is ons keuses wat ons daarmee maak.

Uitdagings is daar om ons 'n beter persoon te maak. Dit laat ons groei, as ons elke uitdaging gebruik en leer daaruit.  

As ons sien dat uitdagings net daar is om ons te laat voel soos 'n mislukking dan hanteer ons die uitdagings van 'n negatiewe oogpunt uit.

Neem jou uitdagings vandag en maak dit positief en sien elke uitdaging 'n manier hoe God in jou werk om jou 'n beter mens te maak. Die mens wat Hy jou geskape het as.

Neem jou uitdagings vandag en sien dit as geleenthede om te groei.




No comments:

Post a Comment