Thursday 20 January 2022

Jou bekommernisse

Is jou bekommernisse realisties?

Moenie jou gedurig loop en bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: Gaan ek genoeg he om te eet? of gaan ek genoeg he om aan te trek? nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.

Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie.

Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. Hou op om te se: Wat gaan ons vandag eet of drink? of Wat gaan ons vandag aantrek?

Julle het 'n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry.

Los more se probleme vir die dag van more. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!




1 comment: