Sunday 9 January 2022

Kies om nie lui te wees nie.

 Nou dit is dalk moeilik vir die wat nou eers vandag terug is by die werk, na so 'n lekker lang vakansie.

Dit is maklik om lui te voel en nie lus te wees om weer terug by die werk te wees en vol stroom te begin nie.

So maak dan eers 'n lysie van wat jy eerste wil doen. Dalk gou weer met jou vriend/vriendinne by die werk te gesels.

Stel goeie doelwitte vir jouself vir die jaar waar jy elke maand iets wil bereik. 

Mense wat hard werk, bereik hulle doel. Lui mense bly lewenslank ander se vloerlappe.

Kies liewers om vandag hard te werk.  



No comments:

Post a Comment