Thursday 6 January 2022

Lei is sinvolle lewe

 Die jaar kan ons kyk hoe om sinvol te lewe.

Om met minder klaar te kom en tevrede te wees wat jy het.  Nie altyd net na sukses te jaag nie maar elke dag die lewe te geniet.

Raak stil en kyk en luister 'n slag. Kyk na die klein dingetjies om jou. Luister na elke geluid. Ons leef so gejaag al klaar.  Vat die jaar rustiger en spandeer tyd saam met die wat vir jou belangrik is.

'n Sinvolle lewe is 'n lewe saam met God en jou familie.  Jy kan nie sonder een van hulle nie.

Quote for the day: The Bible tells us that whenever we come before God, whatever our purpose or prayer request, we are always to come with a thankful heart.



No comments:

Post a Comment