Friday 29 May 2020

Hielig is die Here




Die Lam wat geslag is, is die moeite werd
Heilig, heilig is U
Sing 'n nuwe lied vir Hom wat daarop sit
Die hemel se genadetroon
 
Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige
Wie was en is en sal kom
Met die ganse skepping sing ek lof vir die Koning van die konings
U is my alles en ek sal U aanbid
 
Geklee in reënboë van lewendige kleure
Flitse van ligte donderweer
Seën en eer sterkte en heerlikheid en krag
Aan U die enigste wat Koning is
 
Gevul met wonderlike wonder
By die vermelding van U naam
Jesus U naam is krag, asem en lewende water
So 'n wonderlike God
 
U is waardig.
 

Thursday 28 May 2020

Hy sal my vashou




As ek vrees dat my geloof sal misluk, sal Christus my vashou;
As die versoeker sal seëvier, hou Hy my vas.
Ek kon nooit my greep op die angswekkende pad van die lewe hou nie;
Want my liefde is dikwels koud; Hy moet my vas hou.
 
Die wat Hy red, is sy welbehae; Christus sal my vashou;
Kosbaar in sy heilige oog sal Hy my vashou.
Hy laat my siel nie verlore gaan nie; Sy beloftes sal duur;
Deur so 'n koste deur Hom gekoop, sal Hy my vas hou.
 
Niks kan ons uit God se hand uit ruk nie. Hy is altyd daar vir ons.
 
Hou vas aan sy beloftes.
 

Monday 25 May 2020

Moet nie tou opgooi nie



Dit is so maklik om in moed verlore vlaktes te gaan sit.  As dit moeilik word dan voel dit vir jou of die maklikste uitweg is om op tou op te gooi.

Ek wil jou bemoedig en aanmoedig om op God te vertrou. Hy het jou tot hier gebring en Hy belowe Hy sal jou verder dra.  Hy gee nie tou op nie.  Hy het al die antwoorde.

As jou trane vlak is en jou hart stukkend is. Weet dat God elke traan sien elke hartseer.  Jy voel dalk hulpeloos. Jy kan nie jouself help nie. Jy moet hulp soek.

God voorsien die uitkoms. Plaas jou hoop in Sy Woord. Al is jy hoe bang, Hy sal voorsien.

Sit 'n lied in jou hart, 'n glimlag op jou gesig.  Jesus leef in en deur jou.  Hy bekroon jou met oorwinningsklere.

Omrede Hy leef kan jy leef tot die beste wat Hy vir jou bestem het.  Leef vandag met dankbaarheid dat NIKS jou van God se liefde kan skei nie.

Positiewe gedagtes




Jou manier van leef bepaal jou geluk. As jy net slegte dinge dink raak jy naderhand die pad heeltemal byster. Diegene wat net goeie dinge wil doen, ontvang baie liefde en ondersteuning.

Om Wysheid te he is beter as oorlogswapens. 'n Dwaas kan egter alle goeie dinge met een woord vernietig. Jy dra die gevolge van jou verkeerde keuses wat jy maak.

n Mens maak blapse, vergewe jouself. Wees eerlik met jouself.  As jy hulp nodig het kry dit.

Moet nie altyd net op jou foute konsentreer nie.  Leer daar uit en gaan aan. Hou altyd jou woord. Doen wat jy gese het jy gaan doen.

Moet nie die geluk van die lewe misloop deur in die donker te sit nie. God is Lig. Hy is die waarheid. Gaan sit by sy voete en kry vrede.

Moet nie toelaat dat ander jou foute groter maak as wat dit is nie. Jy weet waar die probleem le. En jy kan saam met God die oplossing kry.

God is die een wat jou sal beloon vir jou harde werk.  Dien Hom.

Friday 22 May 2020

Prys die Heer

 
 
 
Wat jou hart vashou
Wat jou siel roer
Wat saak maak kom na vore in tye van swaarkry.
Die omgee wat jy hou
Die gedagtes wat jy dink
Dit is nie alles vermors van tyd nie Soek en jy sal vind
 
Vreugde kom nog soggens
Hoop loop steeds met die seer
As jy nog leef en asemhaal
Prys die Here

Moenie ophou dans en droom nie
Daar is nog goeie nuus wat die moeite werd is om te herhaal
Lig dus jou kop op en hou aan sing
Prys die Here
 

Thursday 21 May 2020

Familie tyd





In hierdie tyd is jou familie vir jou belangrik.  Jy is die meeste tyd van die dag nou by hulle. Daar is nie 'n paar ure wat jy geskei is van hulle nie. 

Dit kan lei tot frustrasie, of dit kan die beste tyd wees vir julle as gesin saam.

Elke kind in jou gesin is belangrik en om tyd met hulle te spandeer kos nie baie geld nie.
Skep nuwe herinneringe as gesin.  Doen dinge wat julle nou voor tyd het om saam te doen.

Lag saam met jou kinders.  Bou aan elke kind se verhouding.
Elke kind se verhouding is anders want elke kind het sy eie persoonlikheid.


Stop jouself om altyd te gil of skree. Kyk na elke situasie uit die perspektief van jou kind se oe.

Wees daar vir elke kind, hulle hou van jou volle aandag.  As dit nodig is sit by jou kind en luister aandagtig na sy stories.

Vertrou dat jy 'n goeie ma is. God het jou kinders vir jou gegee want jy is die beste ma vir hulle.
Moet nie jou kinders vergelyk met mekaar nie. Moet nie voortrek nie. Wees konsekwent.

Praat opbouend van jou kinders en moet hulle nooit afbreek nie.  Wees lief vir hulle pa. Moet ook nooit mekaar sleg se voor die kinders nie.

Doen pret dinge saam, wees partykeer bereid om dinge te waag wat jy net van gedroom het.

Wednesday 20 May 2020

Wat maak jou 'n goeie persoon?



Jy is vol selfvertrou.  Jy weet wie jy dien, jy weet wie jy in Christus is.

Deur jou lewenservarings het jou geloof sterker geword.  Jy is gemotiveerd om by die eind streep te kom.

Jy as persoon weet wat jy in die lewe wil he.  Die heel belangrikste is jou verhouding met God.
Jy plaas jou bekommernisse by Sy voete neer.

Jy is kreatief met probleem oplossings.  Jy is daar vir jou gesin en luister aandagtig na elkeen se drome en begeertes.

Jy is geduldig met jou gesin se probleme. Jy beoefen geduld waar jou geduld beproef word.

Jy leef passievol om God se liefde uit te dra na ander toe. Jy komunikeer met ander in liefde. Nooit is jy verwytend of veroordeeld nie.

Jy glo aan elke belofte in God se woord.  Jou hart is gefokus op God se influistering van sy Gees.
Jy is eerlik in dit wat jy doen.

Jy is georganiseerd, en kan die lewe laggend aanvat. Niks kry jou onder want jy weet wie vir jou veg.

Tuesday 19 May 2020

Aan my Vriendin




Baie dankie dat ek jou kan ken.  Dankie dat jy altyd daar is vir my. Jy het altyd 'n oor om te luister.
Jy gee raad met liefde uit jou hart.  Jy is die een wat my hart dra en die beste in my voortbring.

Dankie dat jy my hartsbegeertes dra. My geheime is veilig by jou. Saam het ons al trane gedra. Saam het ons gelag en kan so lekker snaaks wees.

Ek vertrou jou en weet ek kan enige tyd by jou deur kom aanklop. Jy het my lewe ook verander om die beste ek te wees wat ek kan. Jou kritisie kom met 'n dosis liefde en was nooit gemik om seer te maak.

Ons kan mekaar geestelik opbou, vir mekaar bid.  Jy sal altyd daar wees deur dik en dun. Jy weet net wanneer om my dag te kom opkikker met blomme.

Jy weet net wanneer ek 'n oproep nodig het. Jy is daar om my te bemoedig met jou woorde. Saam groei ons in ons geloof.

Jy is die een wat my aanvaar het net soos ek is. Jy was die een wat die goeie punte raak gesien het. Jy word nooit moeg om te luister al is dit net kla partykeer.

Jy gee werklik om vir my. Jy sal daar wees wanneer ek jou die nodigste het. Dankie dat jy my altyd laat glimlag.

Jy sal my altyd help as ek iets nodig het. Jy gee altyd 'n goeie kompliment vir my. Jy is die beste vriendin wat ek nog ooit gehad het.

Dankie vir jou Vriendskap

Monday 18 May 2020

Laat jou lig skyn



Daar is baie mense rondom ons, wat ons kan beinvloed. Ons kan liefde deel en vrede.

Ons kan die hele wereld vertel van die Here en sy liefde.  Ons kan ons lig laat skyn.

Ander vertel hoe Hy ons lewe verander het. 

Ons het 'n opdrag om almal te vertel van die Goeie Nuus. Jesus kan jou red. Hy is die weg en die waarheid. 

Jou lewe moet wys dat Jesus in jou skyn. Hy plaas sy Gees in jou hart en sy liefde om vir almal daar buite uit te straal.

Dit is so maklik vir ons om te kritiseer, terug te skree.  Jesus vra ons om anders te leef. Vergewe, gee 'n sagte antwoord.  Wees anders. 

As dit vandag vir jou voel makliker gese as gedaan.  Weet ek hoe jy voel.  Paulus was in dieselfde bootjie. Dit wat hy wil doen , doen hy nie. Maar dit wat hy nie wil doen nie, dit doen hy. 

Jesus vergewe ons en wys sy liefde vir ons elke dag.  Ons kan dit alleenlik doen met Sy krag wat ons help. Uit ons eie uit kan ons dit nie doen nie. 

Laat sy Lig in jou skyn, wys vir almal Jesus se liefde.  Practice makes it perfect. 

Moet nie tou opgooi nie, hou aan om die wereld daar buite te wys dat Jesus leef en almal wil en kan red.

Friday 15 May 2020

Die Onmoontlike





Die Dissipels het vis gevang die hele nag.  Hulle was nou al moeg. Jesus staan op die strand, en se vir hulle gooi die nette aan die ander kant.  Weet Hy nie dat ons heelnag niks gevang het nie. Nou ja kom ons wys hom verkeerd dat dit nie gaan help nie.  Wat gebeur, die nette is vol vis dat die net wil skeur.

God se dat hy ons nooit sal faal nie. Ons moet hom net vertrou, want Hy is genoeg vir ons. Hy bly dieselfde Gister vandag en in die toekoms.  Hy is magtig om al jou probleme op te los.  Ons moet net luister en doen wat Hy se.  Die opdrag sal dalk die onmoontlike van jou verwag. 

Jesus het baie keer die Dissipels verbaas.  Hy het sy krag gewys op maniere om hulle te help in Sy liefde vir hulle te bewys.

Hy doen nog steeds dieselfde vandag.  Ons is baie verbaas oor die maniere wat hy gebruik om ons te help.  Ons geloof is soms klein om dit alles te glo wat Hy vir ons wil doen.

Leef in geloof en vaste vertroue dat jy God het wat vir jou veg.  Geen probleem is te groot vir Hom nie.  Jou sitsuasie kan hopeloos lyk, jy het al alles probeer en niks werk nie. Dit is dalk God se stem wat vir jou se gooi jou nette aan die ander kant.  Om moedeloos te wees gaan jou nie veel help nie.

Staan op en doen wat God van jou verwag. Wees sterk.

Thursday 14 May 2020

Wat Besit ek?




Wat van jou besittings wat jy besit maak jou gelukkig?

Ons vra altyd die vraag wat sal jy gryp as jou huis brand en jy moet hardloop.

'n Ma sal altyd haar baba of kinders uit die huis gryp.
'n Pa sal seker maak sy vrou gaan saam met hom uit.
Kinders sal enige iets gryp wat vir hulle belangrik is op daardie oomblik.

As jy net een besitting mag vat, wat sou dit wees?  Dit mag nie mense in sluit nie.

Daar is wel 'n paar besittings wat ek sou gryp.

Die eerste sal wees my bril as ek in die aand my huis moet verlaat want ek kan nie sien sonder dit nie.
Dan sal ek seker my cell foon gryp.

Watter besittings is vir jou belangrik en wat kan jy sonder leef.

As jy kyk na Survivor dan kom jy agter watter besittings hulle nie het nie en sonder die weg kan kom. Ons is bederf met baie besittings.

Ek sal ongelukkig nie Survivor kan speel nie want een van my besittings sal ek nie opgee nie. My warm bed. Ek is mal oor kamp, maar ek het nog steeds 'n warm bed en 'n tent wat my uit die reen kan hou.  Ek is nie een wat hou van koud kry nie. 

Tuesday 12 May 2020

Die Here is by my




Ek is bly oor alles wat God vir my doen. Sonder Hom is ek niks en tot niks in staat nie. Elke dag het ons 'n besluit of ons self gaan regeer en of ons gaan toelaat dat Sy Gees in ons regeer.


Om elke dag te lag is 'n keuse. Om vir ander te glimlag maak nie net jou dag nie,maar dit is dalk al wat daardie persoon nodig het om te weet dat iemand daar buite dalk omgee.


Alles wat ons doen moet ons krities ondersoek. Oor my werk en inspanning het ek baie nagedink. Maak seker wat jy doen, dit vir die Here is en nie vir mense nie. Benut elke oomblik van die dag.

Net God kan vir jou vrede gee in hierdie onseker tyd. Wat God besluit het staan vas. Wat Hy wil laat gebeur gaan gebeur.


Dit is die dag wat die Here vir ons gegee het laat ons bly wees. My gebed vir julle is dat God julle geestelike oe sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag. Hy gaan julle skatryk maak.

O Prys die Heer met hart en stem



Sy handewerk is elke ster wat skitter, so wonderbaar vir ons.
Die wysheid wat so wonderbaar is wie kan dit peil of ooit verklaar?

Verhef die Heer wat ons verbly as wolke aan die hemel sprei, wat ons van milde reens voorsien en voedsel op Sy tyd bedien.

Hy gee die gras wat vlaktes dek, en graan wat oor die lande strek. Hy voed Sy skepsels elke dag.


Ons kan Hom prys want Hy is elke dag by ons.

Daar is geen ander Naam so soet, as Jesus vir my hart, dit stil die pyn in my gemoed, verban my vrees en smart.

Hy is my Rots op wie ek bou, my Skild die skathuis wat genade hou wat al my sonde dek.

My beste poging is gering, my grootste liefde flou, ek sal U liefde nog besing wanneer ek U aanskou.

U hart is oop vir my. o Help my om U liefde , Heer volkome te verstaan.
Stort U Gees in onse harte, maak ons van U krag bewus.

Ons bede sal Hom altyd loof ons lofgesange kroon Sy hoof. Ek loof Sy Naam met hart en mond vroeg in die stille morestond.

Sunday 10 May 2020

Die Waarheid








Moenie toelaat dat die sonde en sondige begeertes ooit weer 'n houvas op julle kry terwyl julle nog hier op aarde leef nie.  Dit is so maklik om negatief te raak. So maklik om in te gee en die verkeerde te doen.


Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is. Glo dit moet nie toelaat dat Satan in jou gedagtes enige iets anders as die waarheid kom praat nie.  Jy is n Koningskind en leef nie meer vir self nie.


As julle toelaat dat die Heilige Gees met julle sondige dade afreken, sal julle vir altyd aam met God lewe. Maak jou hart oop vir die Heilige Gees dat hy woorde van waarheid spreek.


Ons almal maak foute en se verkeerde dinge. As iemand nooit 'n skewe woord se nie, is hy volmaak. Hy sal geen probeem he om ook in ander dinge wat hy doen reg op te tree nie. Moet nie hard op jouself wees nie.  Kyk boontoe. Hy is die een wat net die beste vir jou wil he.  Hy maak nie foute nie.

Thursday 7 May 2020

Leef in Dankbaarheid





Ons moet vir God opreg dankie se, want Hy vat ons oral met Hom saam in sy groot oorwinningstog deur die wereld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons.

Hy is die een wat seker maak ons wen die reis.  Ek is dankbaar dat ek deel kan wees van sy boodskap, wat dit na ander uitdra.  Dit is so duidelik en eenvoudig.  Jy leef nie vir jouself nie maar vir ander. Sy liefde uitgestort in jou hart. 

Wees dankbaar vir die voorspoed wat jy geniet.  Ons het soveel om dankbaar voor te wees.  Sing 'n danklied vanoggend.  Jesus het vir jou gesterf en gee vir jou die ewige lewe. 

God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid.

Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie se! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het. 

Die Here sal julle seen en julle oppas. Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees.

Begin elke dag met 'n dankbare hart.

Groot Vreugdes in jou lewe.




God bring vir my groot vreugde in die lewe. As sy Woord nie vir my soveel blydskap gebring het nie, het ek al lankal moed opgegee.

Ek kan die lewe geniet en ek het uigevind wat ware Vreugde is.  Die wete dat my toekoms in Sy hande is.

Om elke dag te lag en die mooi raak te sien in elke klein dingetjie.  Dan is daar geen plek vir moedeloosheid.

Ek is gelukkig en kan die lewe ten volle geniet in alles wat ek aanpak.  Jou werk doen jy vir die Here en nie vir mense nie.  Vind jou vreugde in Hom.

Hoe maklik is dit om die swaar raak te sien?  Wees vandag bly vir die dag wat jy het.

Jy is tot alles in staat deur Jesus wat jou die krag gee.

Die grootste vreugde is dat ek God se kind is. 

Wees bly vandag, leef in vreugde.  Leer al God se beloftes vir jou. Hy sal nou nooit verlaat of jou in die steek laat nie.

Wednesday 6 May 2020

Waarvoor sien jy uit?



 Om eendag weer te kan beweeg net soos ek wil. Mense te kan sien by vriende te gaan kuier.  Nou sal ons, ons vriende waardeer en meer tyd maak om hulle te sien en te kuier.  Nie weer te kla as jy vassit in verkeer nie.

'n Verjaarsdag waar jy almal wat jy voor lief is om jou te kan he.  Vakansies wat altyd net daar was dat jy kon uitkamp en geniet.  Die huis voel nie soos vakansie nie.

Ons het elke dag al hierdie geskenke gekry en dit net gevat as van selfsprekend.  Nou dat ons dit nie het nie, nou weet ons watter waarde dit het.

Daar is een groot geskenk wat vir jou wag.  Sien jy daarvoor uit?  Werk jy om dit te kry.  Al jou geld jou talente en tyd.  Al die dinge wat vir jou belangrik is kan weer terug keer na normaal. 

Die geskenk kan jy net een keer kry.  Dit is die duurste geskenk wat daar nog ooit was.  Gryp jy nie die geleentheid aan nie is dit neusie verby.  Jy weet nie wanneer dit te laat is om aanspraak te maak op die geskenk nie.  Jy kan nie bekostig om te wag nie.  Gryp dit en maak dit jou eie. 

Wat is die geskenk?

Die Ewige Lewe, daar is 'n hemel wat vir jou wag. 'n Ewigheid saam met God. Dit is die meeste ding waarvoor ek na uitsien. Sy Wederkoms waarna toe ons huis toe gaan.

Is jy gereed?

Monday 4 May 2020

Jou Verhoudings



Watter tipe verhouding het jy met God?  Ken jy Hom genoeg om met Hom een te begin.

Ken jy sy Karakter? 

Jy is die rykste persoon as jy 'n verhouding het met God. Jy het die ewige lewe.
Jy het 'n gesonde gewete met die wete dat Hy die beste vir jou wil he.

Ons verhouding met Hom word herstel deur die waarheid te glo. Te glo dat Jesus vir ons gesterf het, ons het nie meer die dood as ons einddoel nie.  Ons is verlos van die dood.  Die Gees werk in ons om God se karakter in ons te weerspieel.

Ek is gekruisig met Jesus en leef nie langer vir die sondige wereld nie (net om vir self te leef). Ek leef nou as 'n nuwe mens.

Hoe weet jy of jy in die regte verhouding met Hom leef. Jy is nie meer belangrik nie, ander is. Jy leef liefde uit.

Jy kan oor niks spog nie, want dit is alleenlik deur God se genade dat jy gered is. Deur sy liefde dat jy bestaan.

Soek die waarheid.  Weet wie God werklik is. Hy is 'n God van liefde die Een wat alles vir jou gee verniet.  Wat die beste vir jou wil he.  En jou vir ewig saam met Hom wil he.

Lewe soos Jesus geleef het. Lees weer die 4 Evangelies en kyk hoe Jesus opgetree het. Hy het gewys wie die Vader is. Hoe sy karakter is. 

Sunday 3 May 2020

Wat maak jou gelukkig?


 
Dit is beter om te gee as om te vat.  Om vir iemand iets te gee wat nie het nie,
plaas nie net 'n glimlag op jou gesig nie maar ook die persoon wat ontvang.
 
Jy is gelukkig as die Here jou suksesvol maak. Jy is gelukkig as jy God kan prys en loof.
Maak ander om jou gelukkig en jy sal self geluk beleef.
 
God sorg vir jou.  Sing vandag en glimlag. God help jou om die oorwinning te behaal.
Jy het genoeg om te eet en te drink. Wys jou dankbaarheid.
 
 
Al die geskenke wat jy ontvang kom van Bo. Wees soos 'n kind wat 'n geskenk oop maak,
en kyk watter geskenk God vir jou gee vandag.
 
 
Met al die goeie dinge wat Hy vir jou doen, kan jou hart net glimlag. Niks kan jou
seermaak nie, ons is buite gevaar. Hy beskerm ons.
 
Elke dag is 'n nuwe dag waar ons, ons seeninge kan tel en gelukkig kan wees.
Kinders maak jou gelukkig. Vind in elke fase waar hulle jou hart bly maak.
 
God maak ons so gelukkig dat ons nie nodig het om oor enigiets te bekommer nie.
Vertel almal hoe gelukkig jy is.
 
God juig oor jou en is gelukkig om te weet jy is sy Kind.