Thursday 7 May 2020

Leef in Dankbaarheid





Ons moet vir God opreg dankie se, want Hy vat ons oral met Hom saam in sy groot oorwinningstog deur die wereld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons.

Hy is die een wat seker maak ons wen die reis.  Ek is dankbaar dat ek deel kan wees van sy boodskap, wat dit na ander uitdra.  Dit is so duidelik en eenvoudig.  Jy leef nie vir jouself nie maar vir ander. Sy liefde uitgestort in jou hart. 

Wees dankbaar vir die voorspoed wat jy geniet.  Ons het soveel om dankbaar voor te wees.  Sing 'n danklied vanoggend.  Jesus het vir jou gesterf en gee vir jou die ewige lewe. 

God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid.

Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie se! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het. 

Die Here sal julle seen en julle oppas. Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees.

Begin elke dag met 'n dankbare hart.

No comments:

Post a Comment