Thursday 21 May 2020

Familie tyd





In hierdie tyd is jou familie vir jou belangrik.  Jy is die meeste tyd van die dag nou by hulle. Daar is nie 'n paar ure wat jy geskei is van hulle nie. 

Dit kan lei tot frustrasie, of dit kan die beste tyd wees vir julle as gesin saam.

Elke kind in jou gesin is belangrik en om tyd met hulle te spandeer kos nie baie geld nie.
Skep nuwe herinneringe as gesin.  Doen dinge wat julle nou voor tyd het om saam te doen.

Lag saam met jou kinders.  Bou aan elke kind se verhouding.
Elke kind se verhouding is anders want elke kind het sy eie persoonlikheid.


Stop jouself om altyd te gil of skree. Kyk na elke situasie uit die perspektief van jou kind se oe.

Wees daar vir elke kind, hulle hou van jou volle aandag.  As dit nodig is sit by jou kind en luister aandagtig na sy stories.

Vertrou dat jy 'n goeie ma is. God het jou kinders vir jou gegee want jy is die beste ma vir hulle.
Moet nie jou kinders vergelyk met mekaar nie. Moet nie voortrek nie. Wees konsekwent.

Praat opbouend van jou kinders en moet hulle nooit afbreek nie.  Wees lief vir hulle pa. Moet ook nooit mekaar sleg se voor die kinders nie.

Doen pret dinge saam, wees partykeer bereid om dinge te waag wat jy net van gedroom het.

No comments:

Post a Comment