Monday 4 May 2020

Jou Verhoudings



Watter tipe verhouding het jy met God?  Ken jy Hom genoeg om met Hom een te begin.

Ken jy sy Karakter? 

Jy is die rykste persoon as jy 'n verhouding het met God. Jy het die ewige lewe.
Jy het 'n gesonde gewete met die wete dat Hy die beste vir jou wil he.

Ons verhouding met Hom word herstel deur die waarheid te glo. Te glo dat Jesus vir ons gesterf het, ons het nie meer die dood as ons einddoel nie.  Ons is verlos van die dood.  Die Gees werk in ons om God se karakter in ons te weerspieel.

Ek is gekruisig met Jesus en leef nie langer vir die sondige wereld nie (net om vir self te leef). Ek leef nou as 'n nuwe mens.

Hoe weet jy of jy in die regte verhouding met Hom leef. Jy is nie meer belangrik nie, ander is. Jy leef liefde uit.

Jy kan oor niks spog nie, want dit is alleenlik deur God se genade dat jy gered is. Deur sy liefde dat jy bestaan.

Soek die waarheid.  Weet wie God werklik is. Hy is 'n God van liefde die Een wat alles vir jou gee verniet.  Wat die beste vir jou wil he.  En jou vir ewig saam met Hom wil he.

Lewe soos Jesus geleef het. Lees weer die 4 Evangelies en kyk hoe Jesus opgetree het. Hy het gewys wie die Vader is. Hoe sy karakter is. 

No comments:

Post a Comment