Monday 25 May 2020

Moet nie tou opgooi nie



Dit is so maklik om in moed verlore vlaktes te gaan sit.  As dit moeilik word dan voel dit vir jou of die maklikste uitweg is om op tou op te gooi.

Ek wil jou bemoedig en aanmoedig om op God te vertrou. Hy het jou tot hier gebring en Hy belowe Hy sal jou verder dra.  Hy gee nie tou op nie.  Hy het al die antwoorde.

As jou trane vlak is en jou hart stukkend is. Weet dat God elke traan sien elke hartseer.  Jy voel dalk hulpeloos. Jy kan nie jouself help nie. Jy moet hulp soek.

God voorsien die uitkoms. Plaas jou hoop in Sy Woord. Al is jy hoe bang, Hy sal voorsien.

Sit 'n lied in jou hart, 'n glimlag op jou gesig.  Jesus leef in en deur jou.  Hy bekroon jou met oorwinningsklere.

Omrede Hy leef kan jy leef tot die beste wat Hy vir jou bestem het.  Leef vandag met dankbaarheid dat NIKS jou van God se liefde kan skei nie.

No comments:

Post a Comment