Tuesday, 22 June 2021

Wat is jou doel in die lewe?

 As daar net een gewoonte is wat jy kan skep om jou te help om jou doel te vind, is dit om ander te help.

Maak seker jy omring jouself met positiewe mense. 

Jy is in die wereld nie om vir jouself te leef nie, maar vir ander.

Jou doel is om ander lief te he. Leef vir God en alles wat jy doen doen dit so dat jy God tevrede stel en nie vir mense nie.

Jou doel as ouers is om jou kinders waardes te leer en van die liefde van God en dat hulle 'n kind van God is.

Jou doel as Huweliksmaat is om jou maat eerste te stel in julle verhouding.  

Jou doel as Vriend/in is om daar te wees as hulle jou nodig het.

Jou doel as werknemer is om jou werk so te doen dat jy op dit trots kan wees.



Monday, 21 June 2021

Dinge wat nie jou eie waarde bepaal nie

 Jou werk

Dit maak nie saak watter tipe werk jy het of hoeveel jy daarvan hou nie (of haat ), jou werk definieer nie wie jy as persoon is nie.

Jou ouderdom

As jy van syfers praat, is jou ouderdom net 'n getal. Sommige mense kan sê dat jy te jonk of te oud is, maar dit is net wie jy op die oomblik is, wees dus net.

Ander mense

Ek is skuldig daaraan dat ek myself vergelyk het met ander wat dieselfde pos as ek en ander van my ouderdom het. Maar ek het geleer dat ek in my eie baan moet manifesteer - en jy moet dit ook doen.

Die aantal vriende wat jy het

Hoe meer vriende hoe vroliker? Soms. Of jy nou 'n klomp vriende of net 'n paar het, wat belangrik is, is hoe julle mekaar behandel, en of jy na hulle kan toe kan gaan as jy in die nood is.



Sunday, 20 June 2021

Beperkende oortuigings

 Beperkende oortuigings kom gewoonlik in drie groepe voor:


Beperkende oortuigings oor jouself wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want iets is verkeerd met jou.

Beperkende oortuigings oor die wêreld wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want niemand sal jou toelaat nie.

Beperkende oortuigings oor die lewe wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want dit is te moeilik.

Jy is 'n Koningskind en God maak nie foute nie. Daar is niks verkeerd met jou nie en daar is niks wat jy nie kan doen vandag nie. 

Vat 'n kans vandag en probeer iets nuuts jy verbaas jouself vandag.

Die maklikste manier om op te gee is om nie eers te probeer nie.  Niks is maklik nie, maar ook nie so moeilik dat jy nie iets kan probeer nie.

Waag die week en wees die beste jy!



Thursday, 17 June 2021

Hoe beskryf ek myself aan jou:

 Ek is 'n realisties persoon. Alles moet sin maak en ek soek feite voordat ek 'n besluit maak.

Ek is selfversekerd. Dit kan partykeer 'n probleem vir ander wees want dit wil vir hulle voorkom of ek alles weet en altyd wil reg wees.

Ek is hardwerkend.  Daarom kan ek vinnig geirriteerd raak as ander nie so hard wil werk soos ek nie.

Ek het sterk leierskapsvaardigheid en vat vinnig die leiding. Groot probleem vir ander want dit lyk vir hulle of ek net wil oorvat.

Ek kan baie dinge onthou met detail. My herinneringe aan gebeure in die verlede kan baie lewendig wees. 

Ek geniet die om gewoontes en roetines te he waarop ek kan staatmaak. Ek kan vir ander baie hardkoppig voorkom.

Hoop jy ken my nou so bietjie beter.



Wednesday, 16 June 2021

Wat laat jou aangaan in die lewe

 Ons hoor altyd moet nie tou op gooi nie moet nie moedeloos word nie.  So hoe bly ons positief en hou aan om aan te gaan as die lewe jou plat slaan?

Wees altyd die beste jy. Moet nie weg steek hoe jy voel nie of voorgee dat alles okay is nie. Soek hulp vra hulp as alles te veel word.

Help ander. Om daar te wees vir ander sal jou vergeet van jou eie probleme en sien dat elke persoon sy eie struikelblokke het.

Staan stil by God dat Hy jou lei, hou Sy hand vas.  Hy is in die storm saam met jou.



Monday, 14 June 2021

Bevestigings in jou lewe

Straal liefde uit na ander en wees lief vir jouself.  Vergewe ander en werk aan jou verhoudings.

Wees dankbaar vandag as jy gesond is.  Sorg vir jou liggaam en doen elke dag oefening. Maak gesonde keuses vandag in jou lewe.

Leef vandag voluit met 'n glimlag. Alles wat jy vandag doen, doen dit met entoesiasme. Wees vreugdevol vandag. Sien die mooi in die lewe raak.




Sunday, 13 June 2021

Wat om te laat gaan

 Stel mense vry wat jou seermaak.  Jy gee hulle mag in jou lewe. Vergewe en laat hulle gaan.

Stop om aan die negatiewe dinge te dink.  Sien die silwer randjie om elke donker wolk.  As jy heeltyd op jou probleme fokus gaan dit nie weg nie. Soek oplossings en dink aan jou oplossing en dit sal kom. 

Moet nie dink aan wat kon gewees het nie. Dink aan die hede en leef vir die nou.  Jy kan nie die verlede verander nie. Jy kan net kies om vandag jou beste te gee.

Laat gaan dit om heeltyd iemand anders te blameer. Neem verantwoordelikheid vir jou eie keuses.



Thursday, 10 June 2021

Wat het ek meer nodig in my lewe

 GEDULD

Ek kan so vinnig op my perdjie spring.  Haas na punt A tot B en mis die klein dingetjies.  Praat te vinnig en luister nie klaar nie.  

Die Gees is die enigste een wat hierdie vrug meer kan maak in my lewe.  Ek moet geduld wys aan almal die een wat so stadig voor my ry. Die een wat my so vinnig irriteer.

God is dan so geduldig met my. Hoekom is dit so moeilik om vir ander dan geduld te bewys.

Ek het wel geleer geduld kom nie oornag nie. Ek moet elke dag 'n besluit neem om geduld te beoefen en te bewys.



Wednesday, 9 June 2021

As jy jouself te veel bekommer

 Skryf jou bekommernis neer en dan langs elke bekommernis skryf 'n belofte neer.

Bv. Gaan my budget klop - God sorg vir sy kinders.

Daag jou angstige gedagtes uit. Dink meer positief, as negatiewe gedagtes in kom vervang dit dadelik met 'n positiewe gedagte.

bv. Hierdie dag gaan baie uitdagings he. - Ek is tot alles in staat deur Jesus wat my die krag gee.

Bekommernis is soos 'n wiel wat aan hou draai maar jou nerens bring nie.

So hoe stop jy die wiel - Doen iets gaan drink koffie saam met jou vriendin, gaan oefen, vind 'n stokperdjie. Stop en doen iets niks as om te sit en tob aan dinge wat jy nie kan verander nie.



Tuesday, 8 June 2021

Hoe om vrees te oorkom

 Verstaan vrees en omhels dit. Vrees bestaan om ons veilig te hou. Dit is 'n instrument wat ons kan gebruik om beter besluite te neem. Vrees is nie ontwerp om ons onaktief te hou nie. Omhels vrees as instruksie en laat dit jou dade inlig, maar nie beheer nie.

Noem die vrees. Soms bloot verklaar wat jou vrees is gee jou die krag om dit te hanteer. Sê jou vrees hardop, skryf dit neer, of fokus jou gedagtes daarop. Wanneer jy probeer om jou vrees te ignoreer, groei dit. Wanneer jy dit in die gesig staar, krimp dit.

Ons is bang vir niks soveel as die onbekende nie. As jou vrees gebaseer is op 'n gebrek aan inligting, kry dan die inligting of kennis wat jy nodig het om die situasie te ondersoek op grond van feite eerder as spekulasie.



Monday, 7 June 2021

Geen rede vir vrees

 Nie nodig om te vrees nie

Wanneer tye van moeilikheid kom

Onderdrukking se storm klop voor jou deur

Nie nodig om te vrees nie

Nie nodig om te vrees nie

Al lyk die bose so sterk

Hulle trots en krag is nie lank nie

Wees stil my siel en vertrou op God

En plaas jou lewe in sy hande

Want hy sal jou nooit in die steek laat nie

En die oggend sien jy sy gesig

Nie nodig om te vrees nie - moenie vrees nie



Sunday, 6 June 2021

Gunstelinge dinge om te doen

 Dit maak nou nie saak hoe koud dit is nie, maar roomys sal ek eet.  Sommer vir ontbyt ook met waffles.

Net 'n kampvuur kan jou warm maak in die winter.  Met 'n gunsteling boek in 'n warm snoesige bed.

Drink lekker hot chocolate, met 'n movie.

Hoop jy het een van hierdie dinge gedoen die naweek. Dit is Maandag en ons moet die koue dag trotseer. 

Soek die klein goedjies wat jou gelukkig maak.  Wees positief.  Leef Vreesloos!!

Doen meer dinge wat jou gelukkig maak.



Thursday, 3 June 2021

5 Dinge wat ek van myself hou

 Ek is altyd positief.  My gesin is baie belangrik vir my, en ek hou daarvan om tyd saam met hulle te spandeer. Ek hou van om vriende om my te he.  Nou dalk so bietjie moeilik maar hulle is heeltyd in my gedagtes. Ek het altyd oor genoeg energie om alles aan te pak. Ek wil altyd leer en ander leer.

Dit is Vrydag! Lag en geniet die dag met al sy probleme.  Pak alles gemotiveerd aan en doen dit vir die Here en nie vir mense nie.