Thursday 10 June 2021

Wat het ek meer nodig in my lewe

 GEDULD

Ek kan so vinnig op my perdjie spring.  Haas na punt A tot B en mis die klein dingetjies.  Praat te vinnig en luister nie klaar nie.  

Die Gees is die enigste een wat hierdie vrug meer kan maak in my lewe.  Ek moet geduld wys aan almal die een wat so stadig voor my ry. Die een wat my so vinnig irriteer.

God is dan so geduldig met my. Hoekom is dit so moeilik om vir ander dan geduld te bewys.

Ek het wel geleer geduld kom nie oornag nie. Ek moet elke dag 'n besluit neem om geduld te beoefen en te bewys.



No comments:

Post a Comment