Sunday 13 June 2021

Wat om te laat gaan

 Stel mense vry wat jou seermaak.  Jy gee hulle mag in jou lewe. Vergewe en laat hulle gaan.

Stop om aan die negatiewe dinge te dink.  Sien die silwer randjie om elke donker wolk.  As jy heeltyd op jou probleme fokus gaan dit nie weg nie. Soek oplossings en dink aan jou oplossing en dit sal kom. 

Moet nie dink aan wat kon gewees het nie. Dink aan die hede en leef vir die nou.  Jy kan nie die verlede verander nie. Jy kan net kies om vandag jou beste te gee.

Laat gaan dit om heeltyd iemand anders te blameer. Neem verantwoordelikheid vir jou eie keuses.



No comments:

Post a Comment