Thursday 17 June 2021

Hoe beskryf ek myself aan jou:

 Ek is 'n realisties persoon. Alles moet sin maak en ek soek feite voordat ek 'n besluit maak.

Ek is selfversekerd. Dit kan partykeer 'n probleem vir ander wees want dit wil vir hulle voorkom of ek alles weet en altyd wil reg wees.

Ek is hardwerkend.  Daarom kan ek vinnig geirriteerd raak as ander nie so hard wil werk soos ek nie.

Ek het sterk leierskapsvaardigheid en vat vinnig die leiding. Groot probleem vir ander want dit lyk vir hulle of ek net wil oorvat.

Ek kan baie dinge onthou met detail. My herinneringe aan gebeure in die verlede kan baie lewendig wees. 

Ek geniet die om gewoontes en roetines te he waarop ek kan staatmaak. Ek kan vir ander baie hardkoppig voorkom.

Hoop jy ken my nou so bietjie beter.



No comments:

Post a Comment