Sunday 20 June 2021

Beperkende oortuigings

 Beperkende oortuigings kom gewoonlik in drie groepe voor:


Beperkende oortuigings oor jouself wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want iets is verkeerd met jou.

Beperkende oortuigings oor die wêreld wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want niemand sal jou toelaat nie.

Beperkende oortuigings oor die lewe wat jou laat voel dat jy nie iets kan doen nie, want dit is te moeilik.

Jy is 'n Koningskind en God maak nie foute nie. Daar is niks verkeerd met jou nie en daar is niks wat jy nie kan doen vandag nie. 

Vat 'n kans vandag en probeer iets nuuts jy verbaas jouself vandag.

Die maklikste manier om op te gee is om nie eers te probeer nie.  Niks is maklik nie, maar ook nie so moeilik dat jy nie iets kan probeer nie.

Waag die week en wees die beste jy!



No comments:

Post a Comment