Thursday 30 July 2020

Onsekerheid

Daar is baie dinge wat ons onseker oor is. Ons besluit liewers om na dinge te kyk waarvan ons wel seker is. 1. Ons is seker van God se liefde vir ons. Daar is niks wat dit kan verander nie, niemand kan ons uit Sy hande uit ruk nie. 2. Ons het 'n doel hier op aarde, en dit is om God se wil uit te leef. Dit is om vir ander om te gee en Sy liefde te wys aan ander. 3. Ons kan op die Here vertrou. Kyk terug en sien hoeveel keer die Here voorsien het, hoekom sal Hy nou dit nie doen nie. Hou vas aan die belofte dat God jou nooit sal vergeet of verlaat nie. 4. Ons kan rustig slaap, want ons plaas al ons probleme in Sy hande.Dit gaan niks baat om jouself te bekommer oor die dag van more nie. As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en more weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg. Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. 5. Ons kan met sekerheid leef, dat die Here aan ons kant is. Hy gaan ons weer kom haal dit is verseker! Los vandag die onsekerheid en leef met vertroue.

Wednesday 29 July 2020

Geld




Sonder dit kan jy niks doen nie. Die woord wat jou kan laat bekommer, jou laat rond rol in die nag.

Jy maak planne hoe om dit te spandeer, jy maak planne hoe om dit in die hande te kry.

Daar is een ding wat ons meer nodig het as geld, wysheid.  Met dit gaan ons weet hoe om met die geld te werk.  Met wysheid gaan jy weet waaraan jy jou gedagtes moet op rig.

Wysheid is die een woord wat nie gekoop kan word met geld nie. Gebruik elke kans wat jy kan kry om meer wysheid te bekom.

Geld kan jou baie help, so ook die insig om reg te leef. Insig is beter, want dit kan jou ook gelukkig maak.

Geluk is nog 'n woord wat geld nie kan koop nie. 

Wees tevrede met wat julle het en moenie heeltyd agter geld aan hardloop nie, asof dit die belangriste ding in julle lewe is nie. God het hierdie belofte vir jou vandag:

Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

Related image

Tuesday 28 July 2020

Leef so vandag...




Om ander lief te he beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie, om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel, om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie, om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie, om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie.

Liefde vergewe alle oortredings.  Ons het die regte kennis oor God. Ons is geduldig en ons straal warmte en vriendelikheid uit. Die krag van die Heilige Gees is ook deur ons werksaam. Ons het ander mense regtig lief, sonder dat ons enigiets in ruil van hulle terug verwag.

Net soos 'n boom wat baie goeie vrug oplewer, moet jou lewe wys dat jy aan God behoort.  Jy gee om vir ander. Jou lewe is vol vreugde. Jy doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op jou reken omdat jy self deur dik en dun op God vertrou. Die Gees stel jou in staat om jouself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in jou lewe vier nie.


Related image

Monday 27 July 2020

Waarom ek God lief het?



God het my eerste liefgehad. Daarkom kan ek ook nie anders as om lief te he nie.

Ek kan op God vertrou. Hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.

Ek hoef niks te vrees nie.  As God vir my is wie kan teen my wees.

God beplan net die goeie vir my. Ek het 'n hoop vir die toekoms.

Ek is deel van God se koninkryk. Hy het my gemaak, ek behoort aan Hom

Hy gaan my weer kom haal. Ek het 'n ewige tuiste wat vir my wag.

God help my as ek hom vra.  Hy luister na elke gebed wat ek doen.

God is my toevlug. Ek kan enige tyd na Hom toe gaan.

God herstel my na die persoon wat Hy wil he ek moet wees.

Sunday 26 July 2020

Watter Bybel karakter is baie soos jy?



Ek kies Petrus.

Sy sterkpunte is baie soos myne:

 Opgewonde - Petrus was opgewonde oor sy verhouding met Christus. Hy was opgewonde om by Jesus te kon leer en te sien wat Hy eerstehands gedoen het.

Net so is ek opgewonde om te leer uit God se woord. Opgewonde om almal te vertel wat Hy kan doen in jou lewe.

Hy was aan God verbind - Petrus het miskien soms geval, maar hy was toegewyd aan Christus.

Iets wat ons almal na streef om toegewyd aan Jesus te leef.

Hy het God eerste geplaas Iets waarna toe ek streef.


BerouDit wil voorkom asof Petrus uit sy foute geleer het, omdat hy mettertyd meer en meer volwasse en moediger geword het in sy wandel met die Here en die bediening vir Hom.

Om ons foute te erken groei ons in ons geloof.

Volhard tot die einde toe  Ek wil heeltyd groei in my verhouding met God.

Sy swakpunte is net soos myne:


Praat voordat jy dink:

 Petrus het dikwels gepraat voordat hy gedink het. Hy het soms vir Jesus gesê wat hy moet doen. Dikwels het hy haastig gepraat en dwase dinge gesê.
 
Patykeer slaap die wag voor my mond.
 
Swak in die vlees:
 
Petrus het gedoen voor hy gedink het.  Wil te haastig optree nog voordat daar oor die saak gedink is.

Inkonsekwent

'N Deel van hierdie probleem is veroorsaak omdat hy oorhaastig was en dinge nie heeltemal deurdink het nie.

As ek ook maar net kan leer om rustig te wees.

Thursday 23 July 2020

Ek loof U Naam



Here, ek hef U Naam
Ek loof U
Ek is so bly dat U in my lewe is
Ek is so bly dat U ons kom red het.

U het gekom om vir ons die weg te wys
Ek gee my hart aan U
Elke tong sal bely dat U God is
Elke knie sal buig

Vul ons harte met  U lewe.
Ons harte is oop
Niks hier is weggesteek nie
U is ons enigste begeerte
U alleen is heilig
Net U is waardig


Laat U Woord met krag beweeg


Related image

Wednesday 22 July 2020

Leef rustig vandag



Wie die Here liefhet, het die lewe. So 'n mens ken baie vreugde. Hy smaak die lewe in sy volheid. Hy lewe rustig.

Liefde vir die Here maak die lewe die moeite werd. Die Here se liefde is soos 'n borrelende fontein. Dit maak van jou 'n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning.

Net die Here gee die oorwinning. Hy laat die mense wen wat Hom eer. Hy sorg vir almal wat op sy liefde vertrou. Elkeen wat van Hom afhanklik is, het Hy baie lief. Hy beskerm jou teen die grootste gevaar. Hy dra jou deur die grootste probleme.

As hulle om hulp vra, doen Hy iets daaraan. Hy verlos hulle uit hulle nood. Hy gee elke dag arms vol van Sy groot liefde aan ons.

Wees tevrede met wat jy het en moenie heeltyd agter geld aan hardloop asof dit die belangrikste ding in jou lewe is nie. God het mos gese: Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

Daarom kan ons met vertroue se: Die Here is die een wat my help. Ek hoef vir niks bang te wees nie. Buitendien wat kan 'n mens aan my doen?


Tuesday 21 July 2020

Hoekom lees ons die Bybel?





Want die Woord wys my presies hoe ek moet leef, soos 'n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap.

Die Woord wys my dat elke dingetjie wat ek doen, moet van liefde straal.

Die Woord keer dat ek dinge doen wat my self in die moelikheid gaan laat bring.

Die Woord wys my hoe ek my hele lewe aan Hom moet gee. Ek moet nie tuis raak in hierdie wereld met al sy boosheid nie. God maak my van binne af nuut. Hy laat die manier hoe ek dink verander.

Ek weet ek behoort aan Hom. Die Woord leer my hoe om te bid. Ek kan sterk wees en vol vertroue leef, want sy Woord is vol beloftes.

Ek geniet dit om Sy Woord te lees. Jy sal die vrugte dra wat by jou pas deur tyd te maak om Sy Woord te lees.

Monday 20 July 2020

God se grootheid


As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal. Sy eer is oral in die lug opgeteken. In die blou hemelruim sien jy wat Hy alles met sy eie hande gemaak het.

Alles wat Hy gemaak het, vertel hoe belangrik Hy is. Daar is nie 'n millimeter van die hemel of die aarde wat nie vertel hoe groot God is nie.  As jy opkyk na die hemel, lyk dit of die Here 'n blou tent opgeslaan het.

Hy het die son soos 'n lig daarin opgehang om helder te skyn. Wanneer die son in die more helder opkom, lyk dit soos 'n gesig wat straal. Hy begin met sy werk aan die een kant van die wereld en loop heeltemal om tot by die ander punt. So straal die son sy hitte op elke millimeter van die wereld uit.

So werk die Here se wet ook. Daar is geen foute in nie. Soos die son oor alles skyn, so speel die wet 'n rol in ons hele lewe.Dit bring nuwe krag in jou lewe. Jy kan altyd op die wet staatmaak.  Die Here wil he mense moet die regte dinge doen. Dan sal hulle vol blydskap wees.

Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. Die Here verwag dat sy kinders na Hom moet luister.Sy woorde leer jou hoe om reg te lewe.

Sunday 19 July 2020

Wat die heel belangrikste is....



Soms dink mense dat iemand sommer niks is nie. Maar by God is dit anders. Wat soms vir mense onbelangrik is, is vir die Here belangrik.

'n Belangrike reel vir die lewe is om meer en meer van die regte soort kennis in die hande te kry. Dan sal jy meer op jou gemak voel. Jy sal weet hoe om in die alledaagse lewe op te tree.

Wie wys leef, kry rykdom en eer, voorspoed en sukses. Die voordele van die regte manier van leef is onpeilbaar groot.

Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.

Thursday 16 July 2020

Hoe ek praat en hoe God praat

Ons sê: Ek is 'n mislukking. Ek kan niks reg doen nie.

God sê: Jy is tot alles in staat deur die krag wat Ek vir jou gee.
 
Ons sê: soms voel ek ongeliefd. Hoe kan God my aanhou liefhê?

God sê: Niks kan jou skei van My liefde vir jou nie.
 
Ons sê: "Dit is onmoontlik"

God sê: 'Alle dinge is moontlik'
 
Ons sê: "Ek is te moeg"

God sê: 'Ek sal jou rus gee'
 
 
 

Wednesday 15 July 2020

Jy is gelukkig ....



Jy is die enigste jy op hierdie aarde daar is nie nog een soos jy nie.  Jy is uniek.

Jy kan elke dag nuut begin, elke oggend is 'n nuwe dag vir jou. 'n Nuwe geleentheid om die goeie te doen.

Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie se. Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.

Die Here gee vir my wat ek nodig het. By Hom is ek veilig. Hy hou my op die regte pad. Ek is baie bly, my blydskap hou nooit op nie.

Hy leer my om reg te lewe. Ek het blydskap omdat ek saam met U kan wees. U gee vir my altyd die heel beste. Ek kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U.

Die Here gee my krag. Hy beskerm my. Ek het op Hom vertrou. Daarom is ek baie bly. Ek sal 'n lied sing om Hom te prys.

Ek is bly en opgewonde want ek het die Here lief. Ek wil die Here altyd prys!

Ek is opgewonde omdat Hy my lewe red. U maak my hart altyd bly.

Tuesday 14 July 2020

Hoe om jou doel te bereik:




Hou 'n gebeds joernaal.  Kyk terug en lees dit weer en sien hoe wonderlik God is deur jou gebede te beantwoord.

Leef so dat jy weet hierdie is nie jou bly plek nie. Daar is 'n ewigheid wat vir jou wag.

Maak seker jy werk aan jou gedagtes. Vervang elke leuen met die waarheid. God kan jou vergewe en Hy wil. Hy kan jou red, Sy genade is vir jou genoeg.

Ontwikkel jou geestelike groei, deur elke dag te doen wat God op jou hart plaas, as dit is om meer geduldig te wees en in liefde te leef doen dit.

Vat elke dag 'n tree nader aan die doel om jou gesindheid soos Jesus sin te he. Elke dag is 'n geleentheid om in Sy liefde te leef.

God, wat begin het met sy goeie werk om jou te genees en te herstel na Sy oorspronklike beeld, sal jou aanhou genees tot die dag dat Jesus Christus terugkom om ons huis toe te neem.
 
Jou beloning is die ewige lewe.  Leef die lewe voluit met vertroue dat niemand jou uit God se hand kan ruk nie.
 
Related image

Monday 13 July 2020

My doel in die lewe




Is om in 'n regte verhouding met God te staan. Dit is nie om die regte wette te hou nie. Dit is om Hom persoonlik te ken en sy Liefde uit te leef. Om vir ander te gee en om jou vyande lief te he.

Ek wil die Here se Naam groot maak. Hom loof oor die wonderlike dade wat Hy doen. Hy sorg so goed vir ons.

Ek is hier om die saad te saai. Elke dag het ek 'n geleentheid om ander te vertel van Jesus. Ek wil doen wat God van my vra.

Ek wil nie voorgee dat ek geestelik al alles het of al geestelik by die wenpaal verby is nie. Ek span nou eers alles in om daardie doel te bereik, juis omdat Jesus sy hand na my uitgesteek en my vasgegryp het.

Ek vertrou God met alles. Waar daar liefde is, is daar geen plek vir vrees nie.

Related image

Sunday 12 July 2020

Die beste plek om te wees




By Jesus se voete.

Hy sal jou oor en oor uit die moeilikheid red.

Hy sal jou beskerm. Jy hoef nie bang te wees as rampe jou tref nie.

Jy kan gerus maar ontspan.


Jou huis en familie:

Dit is die mense wat jou ken jou lief het net soos jy is.

Sorg vir hulle. Luister na hulle en dra hulle na aan jou hart.


Thursday 9 July 2020

Wat jy nodig het.....



Jy het nodig om te weet Jesus het jou lief. Niemand kan jou uit sy hande uit ruk nie.

Dit gaan nie net oor reels nie, dit gaan oor om 'n verhouding met Hom te he.

Maak tyd vir Jesus, spandeer tyd saam met Hom leer Hom ken.

Geld kan nie alles koop in die lewe nie.  Geluk kan verkry word deur op God te vertrou.

God sal vir jou sorg. Hy weet en ken al jou behoeftes.

Leer uit God se Woord. Doen wat dit se. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk.

Jy maak jou keuses, maar elke keuse het 'n gevolg.

Leer om die regte besluite te maak, vra die Heilige Gees vir leiding.

Jy het die Here nodig in alles wat jy doen. Sonder Hom kan jy niks doen nie.

Gee altyd meer as wat ander van jou vra.

Related image

Wednesday 8 July 2020

Redes om te leef met vreugde



 Die lewe is 'n avontuur.  Jy is op 'n ongelooflike reis. Moet nie die klein dingetjies mis loop in die lewe, omdat jy te haastig is of met vrees lewe nie.

Dinge verander elke dag.  Neem die veranderinge en leer daar uit. Ontdek hoe om dinge anders te doen. Moet nie vasgevang word in terneergedruktheid nie.

Jy verander ook as mens. Jy moet so groei dat ander Jesus in jou kan sien.  Verander een negatiewe ding in ' n positief.  Glimlag meer en frons minder.

Jy kan so baie dinge leer elke dag.  Aan die einde van vandag gaan sit stil en kyk wat het jy geleer vandag. Soek uitdagings om dinge te leer wat jy as vanselfsprekend aanvaar het.

Maak goeie keuses vandag. Alles wat jy doen maak jy 'n keuse. Kies jou woorde reg vandag en jou aksies.

Geniet jou dag ten volle. Moet nie net die sleg raak sien nie.  Lag meer en stress minder. Sien die klein dingetjies om jou raak.

Kyk waaraan jy die meeste tyd bestee.  Maak God jou eerste prioriteit en al die ander goed sal reg in plek val. Jy sal nooit weer kla jy het te min tyd nie.

Dit is nie jou woorde wat belangrik is nie, maar hoe jy die woorde vir iemand anders se.  Jou liggaamstaal praat harder as jou woorde.

Leef jou passie uit vandag ten volle.  Moet dat niemand jou drome vir jou verpletter nie.  Jy is die een wat jou drome kan laat waar word.

Fokus jou gedagtes op God se woord en doen wat dit se.  Jy het die Ewige Lewe as jy in Jesus glo.

Jy kies om gelukkig te wees vandag. Niemand anders kan jou gelukkig maak nie.  Moet nie dat iemand jou vreugde steel nie. 

Vul jou lewe met lofliedere en sing van vreugde.  Dans en laat jou hart juig.  Jy het meer seeninge as hartseer.

Gee elke dag klein treetjies.  En jy sal sien jy gaan oorwinnend lewe.  Met God aan jou kant is jy tot alles in staat want Hy gee vir jou die krag.

Related image

Tuesday 7 July 2020

Wat 'n vriend het ons in Jesus



Wat 'n vriend het ons in Jesus
Al ons sondes en hartseer om te dra
En wat 'n voorreg om te dra
Alles aan God in gebed
 
O, watter vrede verbeur ons dikwels
O, watter onnodige pyn dra ons
Dit alles omdat ons nie
Alles aan God in gebed vra nie
 
Het ons beproewings en versoekings?
Is daar probleme op enige plek?
Ons moet nooit moedeloos word nie
Neem dit na die Here in gebed
 
Kan ons 'n vriend vind wat so getrou is?
Wie sal al ons hartseer deel?
Jesus ken ons elke swakheid
Neem dit na die Here in gebed
 
Hy is jou Vriend en kan alles vir jou doen.  Vertrou hom met alles.
 
 
Related image

Monday 6 July 2020

God is goed.



God is baie goed vir ons. Hy is geduldig met ons swakhede.
God maak jou hart vol vreugde.
God sal jou nooit in die steek laat nie.
God maak jou heeltemaal nuut. Deur sy Gees gee Hy ons nuwe lewe.

God is die een wat my help. Ek hoef vir niks bang te wees nie.
Buitendien wat kan 'n mens aan my doen.
God red jou as jy die dag swaarkry. Die Here gee baie vir jou om
Die Here is altyd daar om te red.

Omdat God my help sal ek nie verneder word nie.
God is oral. Daar is nie 'n plek waar jy heen kan gaan waar Hy nie is nie.


Met my God spring ek oor 'n muur.  Daarom kan ons Hom loof en prys.
Hy is altyd daar.


Sunday 5 July 2020

Jou Kruideniersware lys:

'
 
Ek stap die lewensweg af
lank gelede,
en ek het 'n teken gesien wat lui:
Hemelse Kruidenierswinkel”
 
Toe ek nader kom,
die deur kom wyd oop,
en terwyl ek aandagtig kyk,
skielik het ek binne gestaan.
 
Alles wat 'n Christen nodig het.
was in daardie kruidenierswinkel.
Al wat jy daardie dag kon dra;
en kan die volgende dag terugkeer vir meer.
 
Eers het ek 'n bietjie GEDULD gekry
  en LIEFDE was in dieselfde ry.
Verder af was VERSTAAN,
wat u nodig het oral waar u gaan.
 
Ek het 'n boks of twee van WYSHEID,
'n sak of twee van GELOOF.
En ek wou dit nie mis nie
die HEILIGE GEES; Hy was volop in hierdie plek.
 
Ek het probeer om 'n bietjie STERKTE  te kry,
om my te help om die wedloop te hardloop.
Nou het my mandjie vol geword,
maar ek het onthou dat ek GENADE nodig het.
 
Toe stap ek na die toonbank,
om my kruideniersrekening te betaal.
Ek het gedink ek het alles wat ek nodig het
om my Meester se wil te doen.
 
Toe ek opgaan na die laaste gang,
Ek het GEBED gesien en sommige gegryp,
want ek het geweet toe ek buitentoe stap,
Ek sou in sonde beland.
 
'Hoeveel skuld ek regtig?'
Hy glimlag weer en sê:
'My kind, JESUS het alles betaal wat u verskuldig is,
Hy het u faktuur 'n lang, lang tydjie betaal. '

Thursday 2 July 2020

Die Wonder Vrou



Die Wereld se beskrywing van 'n wonder vrou:

Sy is deernisvol, sorgsaam, opinievol, uiters mededingend, uitgaande, onsterflik. Wonder vrou is 'n kryger gebore. Sy probeer konflik vermy, maar as sy ingedruk word, sal sy in 'n geveg deelneem en haarself soms in die plesier van die geveg verloor.


Die Bybelse vrou:

Sy verrig haar dagtaak met vreugde. Sy sal selfs ook buite die huis gaan werk om nog beter vir haar gesin te sorg. Vroegoggend staan sy op om haar gesin te versog. Vir elkeen het sy 'n taak vir die dag.
Sy het 'n oog vir 'n winskopie, maar sy dink mooi voor sy koop. Vir hierdie werk is sy nie bang nie. Wat sy aanpak maak sy klaar.

Die kanse wat die lewe haar bied gryp sy met albei hande. Sy sal tot laat in die nag werk om haar drome waar te maak.  Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy doen wat sy moet doen.Vir die
armes gee sy kos en die behoeftiges help sy. Sy is geestelik sterk en tree altyd waardig op. Vir die toekoms is sy nie bang nie.

Haar wyse woorde help ander om reg te leef. Sy het goeie raad vir 'n gelukkige lewe.


Watter Vrou is jy?

Related image