Tuesday 28 July 2020

Leef so vandag...




Om ander lief te he beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie, om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel, om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie, om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie, om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie.

Liefde vergewe alle oortredings.  Ons het die regte kennis oor God. Ons is geduldig en ons straal warmte en vriendelikheid uit. Die krag van die Heilige Gees is ook deur ons werksaam. Ons het ander mense regtig lief, sonder dat ons enigiets in ruil van hulle terug verwag.

Net soos 'n boom wat baie goeie vrug oplewer, moet jou lewe wys dat jy aan God behoort.  Jy gee om vir ander. Jou lewe is vol vreugde. Jy doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op jou reken omdat jy self deur dik en dun op God vertrou. Die Gees stel jou in staat om jouself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in jou lewe vier nie.


Related image

No comments:

Post a Comment