Wednesday 8 July 2020

Redes om te leef met vreugde



 Die lewe is 'n avontuur.  Jy is op 'n ongelooflike reis. Moet nie die klein dingetjies mis loop in die lewe, omdat jy te haastig is of met vrees lewe nie.

Dinge verander elke dag.  Neem die veranderinge en leer daar uit. Ontdek hoe om dinge anders te doen. Moet nie vasgevang word in terneergedruktheid nie.

Jy verander ook as mens. Jy moet so groei dat ander Jesus in jou kan sien.  Verander een negatiewe ding in ' n positief.  Glimlag meer en frons minder.

Jy kan so baie dinge leer elke dag.  Aan die einde van vandag gaan sit stil en kyk wat het jy geleer vandag. Soek uitdagings om dinge te leer wat jy as vanselfsprekend aanvaar het.

Maak goeie keuses vandag. Alles wat jy doen maak jy 'n keuse. Kies jou woorde reg vandag en jou aksies.

Geniet jou dag ten volle. Moet nie net die sleg raak sien nie.  Lag meer en stress minder. Sien die klein dingetjies om jou raak.

Kyk waaraan jy die meeste tyd bestee.  Maak God jou eerste prioriteit en al die ander goed sal reg in plek val. Jy sal nooit weer kla jy het te min tyd nie.

Dit is nie jou woorde wat belangrik is nie, maar hoe jy die woorde vir iemand anders se.  Jou liggaamstaal praat harder as jou woorde.

Leef jou passie uit vandag ten volle.  Moet dat niemand jou drome vir jou verpletter nie.  Jy is die een wat jou drome kan laat waar word.

Fokus jou gedagtes op God se woord en doen wat dit se.  Jy het die Ewige Lewe as jy in Jesus glo.

Jy kies om gelukkig te wees vandag. Niemand anders kan jou gelukkig maak nie.  Moet nie dat iemand jou vreugde steel nie. 

Vul jou lewe met lofliedere en sing van vreugde.  Dans en laat jou hart juig.  Jy het meer seeninge as hartseer.

Gee elke dag klein treetjies.  En jy sal sien jy gaan oorwinnend lewe.  Met God aan jou kant is jy tot alles in staat want Hy gee vir jou die krag.

Related image

No comments:

Post a Comment