Monday 20 July 2020

God se grootheid


As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe die ruimtes daar bo God se grootheid uitstraal. Sy eer is oral in die lug opgeteken. In die blou hemelruim sien jy wat Hy alles met sy eie hande gemaak het.

Alles wat Hy gemaak het, vertel hoe belangrik Hy is. Daar is nie 'n millimeter van die hemel of die aarde wat nie vertel hoe groot God is nie.  As jy opkyk na die hemel, lyk dit of die Here 'n blou tent opgeslaan het.

Hy het die son soos 'n lig daarin opgehang om helder te skyn. Wanneer die son in die more helder opkom, lyk dit soos 'n gesig wat straal. Hy begin met sy werk aan die een kant van die wereld en loop heeltemal om tot by die ander punt. So straal die son sy hitte op elke millimeter van die wereld uit.

So werk die Here se wet ook. Daar is geen foute in nie. Soos die son oor alles skyn, so speel die wet 'n rol in ons hele lewe.Dit bring nuwe krag in jou lewe. Jy kan altyd op die wet staatmaak.  Die Here wil he mense moet die regte dinge doen. Dan sal hulle vol blydskap wees.

Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. Die Here verwag dat sy kinders na Hom moet luister.Sy woorde leer jou hoe om reg te lewe.

1 comment: