Wednesday 22 July 2020

Leef rustig vandag



Wie die Here liefhet, het die lewe. So 'n mens ken baie vreugde. Hy smaak die lewe in sy volheid. Hy lewe rustig.

Liefde vir die Here maak die lewe die moeite werd. Die Here se liefde is soos 'n borrelende fontein. Dit maak van jou 'n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning.

Net die Here gee die oorwinning. Hy laat die mense wen wat Hom eer. Hy sorg vir almal wat op sy liefde vertrou. Elkeen wat van Hom afhanklik is, het Hy baie lief. Hy beskerm jou teen die grootste gevaar. Hy dra jou deur die grootste probleme.

As hulle om hulp vra, doen Hy iets daaraan. Hy verlos hulle uit hulle nood. Hy gee elke dag arms vol van Sy groot liefde aan ons.

Wees tevrede met wat jy het en moenie heeltyd agter geld aan hardloop asof dit die belangrikste ding in jou lewe is nie. God het mos gese: Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

Daarom kan ons met vertroue se: Die Here is die een wat my help. Ek hoef vir niks bang te wees nie. Buitendien wat kan 'n mens aan my doen?


No comments:

Post a Comment