Thursday 29 October 2020

Jou Prioriteite

As jy kyk vandag na jou to-do list. Moet God eerste op jou lysie staan. Jy kan nie jou dag wegtrek en begin sonder Hom nie. Raak eers stil en begin jou dag in gebed en dat God jou lei. En al die ander dinge sal in plek val. Jou gesondheid kom tweede jy moet na jouself kyk daar is baie mense wat op jou staatmaak. Dan kom jou gesin en jou familie, maak tyd vir hulle en laat elkeen afsonderlik bederfd voel. Werk aan jou huwelik en jou kinders se verhouding. Maak tyd vir daardie klein jakkalsies en dryf hulle uit. Maak seker jou gedagtes is positief en jy vul jou gedagtes met die regte dinge. Werk aan jou geldsake maak die regte keuses vir die toekoms. Dan kyk jy waar jy kan verbeter.

As jy nou mooi na hierdie lys kyk, kan jy dit nie waag sonder om met God te begin nie. 



 

Wednesday 28 October 2020

Net God kan jou help

Die waarheid is dat jy hulpeloos is. Jy kan jouself nie help nie. Daar is net hoop en uitkoms by God. Wanneer jy roep is God daar om jou te help. Hy sal seker maak jy word regverdig behandel. God sal nie sy rug draai as jy om hulp roep nie. God is in beheer van jou lewe. Daarom kan jy tot Hom bid. God sal jou spesiaal bystaan. God sal jou nie alleen los om alles op jou eie te hanteer nie. Ons is in alles van die Here afhanklik. Hy help en beskerm ons.



Tuesday 27 October 2020

Hou aan

Ons moet op die regte pad bly. Tot dusver het ons baie goed gevorder op die pad van die geloof. Soos Goeie atlete het ons voluit gehardloop. Ons is nie van die soort wat bang word en so ons plek by God verloor nie. Ons bly op Hom vertrou en sal saam met hom vir ewig lewe. Leef in harmonie met mekaar. Moenie baklei nie. Moenie beter as ander mense probeer wees nie. Maak vriende met mense wat nie te veel van hulleself dink nie. Oppas wat julle se. Moenie lelik praat, vuil stories of skurwe grappe vertel nie. Dit pas nie by 'n Christen nie. Praat liewer so dat dit vir God Aangenaam is om te hoor. Gedra julle altyd so dat julle 'n advertensie vir Christus is.

Pin on Gebeds versies

Monday 26 October 2020

Hy is daar om te help

Juis omdat Hy self ervaar het hoe dit voel om swaar te kry en nee moet se vir versoekings, kan Hy mense wat ook in sulke situasies beland baie goed help. So moet ons ook dan nie net vir onsself leef nie, maar vir ander. Sien ander se nood raak en help hulle. Onthou ons Here het gese: "Dit is beter om te gee as om net te wil ontvang." Ons moet van binne-af nuut gemaak word om te doen wat Hy se.

Ewekansige gedagte vir die dag. – Metamorfose vir my Siel

Sunday 25 October 2020

Kyk Terug

Jy sal van jou swaarkry kan vergeet. Dit sal soos water wees wat verbyloop en nie weer terugkom nie. Jy sal daarvan vergeet. Dit is 'n baie beter idee om God te prys vir wat Hy al gedoen het. Daar was al mense wat lofliedere to sy eer gesing het. Doen jy dit ook. Mag die Here jou spesiaal bystaan en help. Vir mense wat die Here dien, sal Hy baie goed wees. Hulle sal al die Goeie dinge geniet wat Hy vir hulle gee. Mense wat sy hulp vra, sal Hom kom prys. Ek wens dat julle lewe van Blydskap sal oorloop. Dan sal julle voluit leef en elke dag geniet, en lank lewe. Ek se vir myself: Moenie nou Moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Vertrou net op God. Ek Loof U vir die Goeie geskenke wat U vir my gee.

70+ Best Gedagtes en wyshede ⚜️ ♠️ ⚜️ images | afrikaans quotes, afrikaans,  afrikaanse quotes

Thursday 22 October 2020

Jou geliefdes

Die Here weet Waaroor jy besorgd is en Hy ken jou hart. Jy bid vir jou geliefdes en jy moet verstaan Hy hoor jou, want Hy is liewer vir hulle as wat jy is. Wees gerus. Hy sal jou nie in die steek laat nie en Hy sal jou geliefdes nie laat los nie. Spreek sy woord oor jou geliefdes se lewe. Hy sal jou gesin bewaar Kyk deur sy oe van genade. Wees lief vir jou geliefdes en vertrou die Here. Vertrou Sy beloftes.

Gedagtes vir die dag

Wednesday 21 October 2020

jJou Gedagtes

Is dit so maklik om heeltyd Positief te dink? Jy het elke dag 'n keuse hoe jy oor jouself voel en hoe jy gaan dink oor hierdie dag.  Jou keuses Bepaal jou lewe. Jy kies om gelukkig te voel en dan kom 'n Glimlag baie maklik. Kies jy om terneergedruk te voel en alles is te swaar vir jou. Kies jy om te vergewe en jy kan heeltyd die mooi sien. Kies jy om 'n wrok te hou en jy kan net die lelik sien.  So ja dit is maklik om Positief te dink die keuse is joune. Jy het baie om voor dankbaar te wees! Leef voluit en leef vandag met 'n gelukkige gees. Kies die lewe!

Gebed vir vandag | I love you god, Inspirational qoutes, Evening greetings

Tuesday 20 October 2020

Healing River

Hierdie Movie is rerig wat ek sal voorstel jy kry om te kyk.  Dit sal jou baie laat dink hoe jy leef, en as so iets met jou sal gebeur sal jy dieselfde kan doen?  Enige Goeie Movies wat julle het wat ek moet na kyk stuur dit op 'n comment.

Gedagte vir Vandag

 

Monday 19 October 2020

Die Heilige Gees

Die Gees werk in elkeen van ons op 'n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: Party mense kan vir 'n mens Goeie raad gee oor hoe om te leef. Ander kan weer Goeie onderwysers vir die Here wees.  Die Gees besluit aan wie Hy wat wil geen en gee dit dan aan daardie persoon. Gebruik jou Geestelike talent vandag.

Pin on Daaglikse Verse

Thursday 15 October 2020

5 Dinge om te doen vandag

Wees 'n seen vir ander. Kyk wat jy vandag vir iemand kan doen wat hulle nie vir hulleself kan doen nie.

Bid vir iemand vandag. Gebed is wat almal nodig het.

Laat jou geloof groei. Gaan voort in geloof en vertrou op God dat Hy alles sal laat uit werk.

Wees dankbaar vandag. Kyk wat jy het, jy het meer as genoeg.

Gee al jou Bekommernisse vandag vir Jesus. Hy sal vir jou sorg.

Selfbeeld - Herskep jou lewe

 

 

Wednesday 14 October 2020

Stop om die volgende 5 dinge te doen

Hou op om Negatief te wees oor jouself. Gebruik positiewe denke om Positief met jouself te praat.

Om altyd skuldig te voel. Te dink jy het nie jou beste gegee nie.

Om jou met ander te vergelyk. Jy is Uniek en daar is Niemand soos jy nie.

Om heeltyd perfek te wees of alles perfek te doen. Dit is 'n mors van tyd want Niemand is perfek nie.

Hou op om oor alles te kla. Dink Positief en soek liewers oplossings om dinge te verander as om daar oor te kla.

Rossi Rossouw - Abba Vader , Here Jesus Christus Soms... | Facebook

Tuesday 13 October 2020

Doen die regte oefeninge

Om egter geestelik te oefen om fiks te bly deur God te dien, is regtig die moeite werd. Dit help 'n mens op alle maniere, vir die lewe hier op aarde en die lewe wat vir ons wag in die toekoms. Wanneer jy probleme het oefen jy om te bid en dit voor God se voete te sit. Ons moet oefen om die regte dinge te doen. Ons moet ophou om die verkeerde dinge te doen. Los die slegte goed Waarmee julle besig is.  Oefen om bly te wees en elke oomblik. God sal sorg dat jy kry wat jy wil he. Oefen om afhanklik van God te leef. Oefen om nie belangriker as ander te wil wees nie. Oefen om te doen wat God van jou vra. Oefen om vir ander om te gee en nie net aan jouself te dink vandag nie. Oefen om nuut te word elke dag. Oefen om vrede te maak en die kwaad te vermy.

E-Kerk : Gedagte vir Vandag

 

 

 

Monday 12 October 2020

Drie dinge om vandag te doen

Die eerste is om so te leef met die wete dat jy die ou sondige mens afgesterf het en leef as 'n nuwe mens wat deur God geskape is.

Tweede is om in al God se beloftes te glo en dit jou eie te maak. Hy sal voorsien en jy het niks om jouself oor te bekommer nie

Laaste vir vandag leef deur die Gees. Laat Hy jou lewe beheer en moet niks doen uit selfsugtige ambisie nie. Maar stel ander eerste vandag.

Vader dankie dat U my krag gee en my dra... - Emmanuel musiek bediening |  Facebook

 

 

Sunday 11 October 2020

Wees tevrede met wat jy het

As ons genoeg het om te eet en darem klere het om aan te trek, moet ons meer as tevrede wees. Wees tevrede met wat julle het en moenie heeltyd agter geld aan hardloop asof dit die belangrikste ding in julle lewe is nie. God het mos gese: Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Pas die dinge wat jy wel het baie goed op. Wees gelukkig en geniet die lewe.

Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid » Somerstrand  Gemeente

Thursday 8 October 2020

Bevestigings vir jou

Jy is perfek gemaak en het 'n doel hier op aarde. Glimlag vandag en laat iemand anders Glimlag vandag. Wees 'n vriend vir ander en moet nie net vandag op jouself fokus nie. Jy is 'n geskenk vir iemand anders net om daar te wees vir hulle. Jy is sterk in God en kan alles bemag vandag wat na jou kant toe gegooi word. Moet nooit tou op gooi of Moedeloos word nie. Wees dapper en pak vandag Positief aan.

Daaglikse gedagte | Bybelvers vir die dag | Woord vir vandag

 

Wednesday 7 October 2020

Meer liefde

Laat God se liefde julle lewe omring soos 'n sterk muur. Plaas al julle hoop op die ongelooflike Goedheid van die Here. Hy gee so baie vir julle om dat Hy vir julle die ewige lewe sal gee. Liefde is mos niks anders as om Volgens die wil van God te leef nie. Dit wat ons doen, moet ons in liefde doen. Moenie na die pype van hierdie wêreld dans nie. Moenie lief word vir die dinge wat vir die wêreld belangrik is nie. Vou mekaar toe in Christelike liefde. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie. Behandel almal met wie julle te doen kry beleefd en gemanierd. Julle moenie allerhande bymotiewe he nie, maar moet opreg wees. God se belofte aan ons is Hy sal jou nooit alleen los nie en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Afrikaanse Inspirerende Gedagtes & Wyshede: Liefde as tema | Afrikaans  quotes, Afrikaanse quotes, Afrikaans

Tuesday 6 October 2020

Padkos vir vandag

Die Here is goed. As swaar tye kom, is 'n mens veilig by Hom. Hy sorg vir mense wat wys dat hulle Hom vertrou. Wees wakker in die lewe en moenie toelaat dat iemand julle geestelik van balans af gooi nie, want julle glo mos.  Moenie soos bangbroeke wees nie, maar staan julle man. Vertrou op die Here. Moenie Moedeloos word nie. Julle sal vir julle werk beloon word.

Pin on Wisdom Quotes

Monday 5 October 2020

Wyshede om volgens te leef

Fisiese krag is 'n jongman se trots. 'n Gryskop se krag is sy kennis van die lewe. 'n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is, hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie. As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een Goeie rede, en dit is dat julle insig het en God ken. Die Here is die een wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Hy ons liefhet, sal Hy julle nie in die steek laat nie. Laat God se boodskap uitstraal in alles wat julle doen.

Pin on Afrikaans Gedagte vir die dag (Kolwyntjie)

Sunday 4 October 2020

Waar is jou gunsteling plek?

My gunsteling plek kan enige plek wees net sodra ek saam met my gesin is.  Ek kan rus en net myself wees by my gunsteling plek. Al is dit my huis. Vakansie tyd is dit by die see, net om die golwe te sien en te hoor. My gunsteling plek kan ook wees waar ek stil is saam met God, sodat ek sy stem kan hoor wat my krag gee vir die dag wat voorle. Maak jou gunsteling plek 'n plek waar jy kan ontspan en jou battery herlaai. 

Herinneringe Instagram posts (photos and videos) - Picuki.com

Thursday 1 October 2020

God se goedheid

Dit is net 'n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie. Maar ek geniet dit om dag na dag by God te wees. Ek kruip by die Here my God weg. Die lewende Here is my huis. Ek vertel vir almal hoe goed U is. Kom prys die Here. Dit is goed om ons God met liedere groot te maak. Wanneer God die mens rykdom gee en hom boon-op toelaat om dit te geniet en hom vreugde tussen al die swaarkry hier op aarde gee, is dit 'n spesiale geskenk van God. Leef met respek vir God, dan sal jy weet hoe om te leef. Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. God laat julle in al sy Goedheid deel. Eintlik oorlaai Hy julle met sy genade sodat julle altyd oorgenoeg van alles het.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die  huis van die Here bly in lengte van dae.' PSALMS 23:6 #afri… | Psalms,