Wednesday 7 October 2020

Meer liefde

Laat God se liefde julle lewe omring soos 'n sterk muur. Plaas al julle hoop op die ongelooflike Goedheid van die Here. Hy gee so baie vir julle om dat Hy vir julle die ewige lewe sal gee. Liefde is mos niks anders as om Volgens die wil van God te leef nie. Dit wat ons doen, moet ons in liefde doen. Moenie na die pype van hierdie wêreld dans nie. Moenie lief word vir die dinge wat vir die wêreld belangrik is nie. Vou mekaar toe in Christelike liefde. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie. Behandel almal met wie julle te doen kry beleefd en gemanierd. Julle moenie allerhande bymotiewe he nie, maar moet opreg wees. God se belofte aan ons is Hy sal jou nooit alleen los nie en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Afrikaanse Inspirerende Gedagtes & Wyshede: Liefde as tema | Afrikaans  quotes, Afrikaanse quotes, Afrikaans

No comments:

Post a Comment