Tuesday 27 October 2020

Hou aan

Ons moet op die regte pad bly. Tot dusver het ons baie goed gevorder op die pad van die geloof. Soos Goeie atlete het ons voluit gehardloop. Ons is nie van die soort wat bang word en so ons plek by God verloor nie. Ons bly op Hom vertrou en sal saam met hom vir ewig lewe. Leef in harmonie met mekaar. Moenie baklei nie. Moenie beter as ander mense probeer wees nie. Maak vriende met mense wat nie te veel van hulleself dink nie. Oppas wat julle se. Moenie lelik praat, vuil stories of skurwe grappe vertel nie. Dit pas nie by 'n Christen nie. Praat liewer so dat dit vir God Aangenaam is om te hoor. Gedra julle altyd so dat julle 'n advertensie vir Christus is.

Pin on Gebeds versies

No comments:

Post a Comment