Monday 5 October 2020

Wyshede om volgens te leef

Fisiese krag is 'n jongman se trots. 'n Gryskop se krag is sy kennis van die lewe. 'n Mens wat wysheid het, moet nie loop en spog met sy kennis nie. Net so moet iemand wat sterk is, nie grootpraat oor sy krag nie. Dieselfde geld vir mense wat ryk is, hulle moet nie dink hulle is beter as ander mense omdat hulle baie geld en goed het nie. As daar mense is wat tog wil spog, is daar net een Goeie rede, en dit is dat julle insig het en God ken. Die Here is die een wat altyd regverdig optree en sorg dat ander dit ook doen. Omdat Hy ons liefhet, sal Hy julle nie in die steek laat nie. Laat God se boodskap uitstraal in alles wat julle doen.

Pin on Afrikaans Gedagte vir die dag (Kolwyntjie)

No comments:

Post a Comment