Sunday 25 October 2020

Kyk Terug

Jy sal van jou swaarkry kan vergeet. Dit sal soos water wees wat verbyloop en nie weer terugkom nie. Jy sal daarvan vergeet. Dit is 'n baie beter idee om God te prys vir wat Hy al gedoen het. Daar was al mense wat lofliedere to sy eer gesing het. Doen jy dit ook. Mag die Here jou spesiaal bystaan en help. Vir mense wat die Here dien, sal Hy baie goed wees. Hulle sal al die Goeie dinge geniet wat Hy vir hulle gee. Mense wat sy hulp vra, sal Hom kom prys. Ek wens dat julle lewe van Blydskap sal oorloop. Dan sal julle voluit leef en elke dag geniet, en lank lewe. Ek se vir myself: Moenie nou Moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Vertrou net op God. Ek Loof U vir die Goeie geskenke wat U vir my gee.

70+ Best Gedagtes en wyshede ⚜️ ♠️ ⚜️ images | afrikaans quotes, afrikaans,  afrikaanse quotes

No comments:

Post a Comment