Thursday 1 October 2020

God se goedheid

Dit is net 'n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie. Maar ek geniet dit om dag na dag by God te wees. Ek kruip by die Here my God weg. Die lewende Here is my huis. Ek vertel vir almal hoe goed U is. Kom prys die Here. Dit is goed om ons God met liedere groot te maak. Wanneer God die mens rykdom gee en hom boon-op toelaat om dit te geniet en hom vreugde tussen al die swaarkry hier op aarde gee, is dit 'n spesiale geskenk van God. Leef met respek vir God, dan sal jy weet hoe om te leef. Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. God laat julle in al sy Goedheid deel. Eintlik oorlaai Hy julle met sy genade sodat julle altyd oorgenoeg van alles het.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die  huis van die Here bly in lengte van dae.' PSALMS 23:6 #afri… | Psalms,

No comments:

Post a Comment