Thursday 29 October 2020

Jou Prioriteite

As jy kyk vandag na jou to-do list. Moet God eerste op jou lysie staan. Jy kan nie jou dag wegtrek en begin sonder Hom nie. Raak eers stil en begin jou dag in gebed en dat God jou lei. En al die ander dinge sal in plek val. Jou gesondheid kom tweede jy moet na jouself kyk daar is baie mense wat op jou staatmaak. Dan kom jou gesin en jou familie, maak tyd vir hulle en laat elkeen afsonderlik bederfd voel. Werk aan jou huwelik en jou kinders se verhouding. Maak tyd vir daardie klein jakkalsies en dryf hulle uit. Maak seker jou gedagtes is positief en jy vul jou gedagtes met die regte dinge. Werk aan jou geldsake maak die regte keuses vir die toekoms. Dan kyk jy waar jy kan verbeter.

As jy nou mooi na hierdie lys kyk, kan jy dit nie waag sonder om met God te begin nie. 



 

No comments:

Post a Comment