Thursday 31 March 2022

Wat het jy meer nodig in jou lewe?

 Meer energie,

Om jou dagtaak te doen met entoesiasme.

Meer motiveering,

Jy sien dalk nie kans vir die berg wat voor jou is nie?

Meer vriende,

om daar vir jou te wees 

God,

Net een persoon wat al jou leemtes kan vul



Wednesday 30 March 2022

Waarmee is jy besig?

 What's the difference between Big Ben and Tic Tok?

One tells time, the other wastes time.

Kinders is meer op Tik Tok as in die Woord. Wie leer hulle om God se woord lief te he.

Ons as ouers het 'n groot verantwoordelikheid en taak. Dit is so maklik om tegnologie te blameer.

Laat jou kind tegnologie gebruik om tyd in die Woord te wees en nie in die wereld nie.

Waarmee is jy besig meeste van die tyd? Praat jy oor God? Do you practice what your preach?

Tyd is min en tyd is kosbaar. Benut elke geleentheid wat jy vandag het om oor God te praat.



Tuesday 29 March 2022

God is goed

 Alles wat van God af kom is goed. Glo ons dit?


Kyk ons na dinge rondom ons en raak moedeloos en hou op om te vertrou?

God gee net vir ons die goeie. Slegte tye is deel van hierdie wereld.  Ons kan bo dit uitstyg deur ons vertroue op God te plaas.

Ons leef elke dag uit God se hand. Die Here sorg vir ons, ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie.

Loof die Here vir sy goedheid!!



Wednesday 23 March 2022

Wat is ek goed in?

Ek geniet dit om orde uit chaos te skep en is altyd stiptelik.

Ek hou daarvan om dinge gedoen te kry.

My persoonlikheid word gesien as 'n toesighouer.  Die een wat alles wil laat vlot loop.

Ek is 'n gebore leier. Ek stel vir my self doelwitte. Ek is baie taakgerig.

Ek is toegewyd. Ek het 'n sterk wil. Ek is direk en eerlik.

Nou ken jy my beter.



Tuesday 22 March 2022

Waar sal jy graag wil vakansie hou?

 Jy het 'n keuse tussen Mexico, Canada of 'n Privaat Eiland.

Hoe oorweeg jy jou keuses?  Kyk jy na positiewe en negatiewe van die plek? Wat jy alles daar kan doen?

Wel as ek 'n keuse vandag het kies ek die Privaat Eiland.

Rustigheid en die natuur dit sal kan doen vandag.




Monday 21 March 2022

Vers vir die dag

 Dit sal goed gaan met mesne wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

Hulle is soos bome wat langs 'n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig 'n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.

Maak nie saak wat die omstandighede rondom jou is nie. Jy moet vrugte dra wat by jou bekering pas.




Thursday 17 March 2022

Keuses

 Alles in jou lewe gaan oor keuses. Jy staan elke dag op met keuses wat jy moet maak. Hoe weet jy of jy die regte keuses maak? Kyk na die gevolge in jou lewe en leer daaruit.

Wat motiveer jou om die regte keuses te maak? Na wie toe gaan jy as jy keuses moet maak?

Gaan jy na "Google" of na God se woord voordat jy keuses maak.  

Daar is een keuse wat jy moet maak. Kies jy die lewe of kies jy die dood?

Kies vandag die lewe!!!



Wednesday 16 March 2022

Vreugde

 Vreugde uit die teenwoordigheid van God


U maak my die lewenspad bekend; in u teenwoordigheid is daar volheid van vreugde; aan u regterhand is genot vir ewig. – Psalm 16:11 (ESV)


Vreugde wat 'n fontein is, het sy oorsprong in die teenwoordigheid van God. Dit beteken dat God die ware outeur en gewer van ware vreugde is. Jy kan nie tyd in God se teenwoordigheid deurbring en nie vol vreugde wegkom nie. Dink aan enige tyd wat jy in aanbidding gehad het en in God se teenwoordigheid gebly het. Ek is seker jy het verfris, vernuwe en gevul met vreugde weggestap.



Tuesday 15 March 2022

Geluk is 'n keuse

 Jy het elke dag 'n keuse hoe jy gaan voel en hoe jy gaan optree.

Jy kies om gelukkig te wees en jy kies om positief deur die dag te gaan.  Jou keuse.

Daar kan baie dinge gebeur wat jou keuse beinvloed, maar dit bly nog steeds jou keuse hoe jy daarop gaan reageer.

Kies geluk en sit 'n glimlag op jou gesig en jy het klaar 50% oorwin.



Monday 14 March 2022

Volg die stappe

 Ons het nou besluit ons wil iets verander in ons karakter, nou volg ons die volgende stappe.

bv. Jy besluit jy wil meer geduldig wees

Stap 1

Teken 'n plan wat jy elke dag gaan doen om meer geduldig te wees.  'n Aksie plan wat jy gaan doen.

Voor jy wil kwaad raak of ongeduldig wil raak, kies liewers om te sing.

Stap 2

Tree dadelik op as die ongeduld wil uitspring. Moet nie wag totdat die situasie so erg raak dat jy ongeduldig word nie.  Dink liewers positiewe gedagtes as negatief.

Stap 3

Luister na advies. Luister wat ander te se het. Luister na God se stem. Raak stil voordat jy uiting gee aan jou emosies.

Stap 4

Se vir jouself jy is 'n geduldige persoon. 

Volg hierdie stappe om enige verandering in jou karakter te maak, maar onthou jy het die hulp van die Here nodig want dit is Hy wat die verandering bring. Werk saam met Hom en maak Hom jou vennoot in die lewe.



Sunday 13 March 2022

Hoe om te verander

 Weet dat alle betekenisvolle verandering van binne moet kom. As jy nie jouself vertrou om te verander nie, sal niemand dit vir jou doen nie. Werklike verandering moet gedryf word uit jou eie begeerte om beter te wees, beter te voel en 'n positiewe uitkyk op die lewe te hê. Verandering kan skrikwekkend wees, maar as jy lief is vir en jouself vertrou, kan jy ongedeerd deur veranderinge kom.

Oefen positiewe bevestiging. 'n Positiewe uitkyk op die lewe en die toekoms is uiters belangrik om verandering in werking te stel. Jy moet eers verander hoe jy na jouself kyk voordat jy kan verander. Dink so daaraan - as jy jou liefdeslewe wil verander om meer oop te word, gaan jy nie baie ver kom as jy glo "Ek verdien nie om verlief te wees nie." Vee hierdie negatiewe taal uit jou gedagtes uit deur elke dag positiewe refreine te beoefen, soos: "Ek is lief vir myself," "Ek kan dit doen," "Ek is in staat om te verander."

Sorg vir jou liggaam en gees om verandering makliker te maak. Selfs as jou doelwitte nie met jou liggaam verband hou nie, sal om gesond en gelukkig te wees dit baie makliker maak om daarop te fokus om jouself ten goede te verander. Maak seker dat jy 'n gebalanseerde dieet eet, 7 - 8 uur slaap per nag kry, en dinge doen waarvan jy hou om stres uit te wis.



Thursday 10 March 2022

Wat 'n vriend het ons in Jesus

 Wat 'n vriend het ons in Jesus,


O, watter vrede verbeur ons dikwels,O, watter onnodige pyn dra ons,

Alles omdat ons dit nie neem na God in gebed.

Het ons beproewings en versoekings? Is daar iewers moeilikheid?

Ons moet nooit moedeloos word nie—

Neem dit in gebed na die Here.

Kan ons 'n vriend vind wat so getrou is, Wie sal al ons hartseer deel?

Jesus ken ons elke swakheid; Neem dit in gebed na die Here.

Is ons swak en swaar belaai, Dierbare Verlosser, steeds ons toevlug—

Neem dit in gebed na die Here.


In Sy arms sal Hy jou neem en beskerm, Jy sal daar 'n troos vind.

Geseënde Verlosser, U het belowe U sal al ons laste dra;

Mag ons ooit, Here, bring Alles tot U in opregte gebed.



Wednesday 9 March 2022

Almal het liefde nodig

 Liefde is soos water vir 'n plant. As jy nie liefde ontvang nie is jy leeg van binne af.

Liefde is die karakter van God. God is liefde. God plaas liefde in jou hart om so ook aan ander te kan gee.

Gee en jy sal ook ontvang. As mense nie vir jou liefde gee nie God sal. 

As jy vandag nie geliefd voel nie soek dit by God en nie by mense nie.  Mense stel jou teleur maar God nie.

Liefde is 'n werkwoord dit moet in dade bewys word. As ons 1 Kor 13 lees wys dit vir ons wat liefde is.

Moet nie iemand vandag sleg behandel wat jou irriteer nie.  Moet nie vandag ongeskik wees nie, leef jou liefde uit vandag. Daar is iemand daarbuite wat liefde brood nodig het.



Tuesday 8 March 2022

Hoe maak ek iemand anders gelukkig

 Wees emosioneel ondersteunend.

 Almal wil weet dat hulle geliefd en waardeer word. Moedig jou vriende aan om hul drome te volg, veral as niemand anders dit doen nie. Vind 'n manier om hulle te vertel hoeveel hulle vir jou beteken, selfs al moet jy dit terloops of onopvallend doen. Wees omgee en deernisvol in al jou handelinge. Om net daar te wees vir jou vriende, of hulle nou 'n groot lewensstryd het of net oor hul werksituasie raas, kan die beste ding wees wat jy kan doen om hulle gelukkiger te maak.

Wees n goeie luisteraar. 

Een maklike manier om iemand gewaardeer en bekragtig te laat voel, is om hulle eenvoudig te hoor. Probeer om hul gedagtes te verstaan en wees in hul skoene. Vra deurdagte vrae, moenie onderbreek nie, en as jy iets nie verstaan nie, sê iets in plaas daarvan om saam te speel. Jy het dalk 'n vriend wat voel dat hy nie genoeg aandag kry nie en wat regtig 'n vriendelike oor nodig het, en jy kan daardie persoon gelukkiger maak deur daar te wees en moeite te doen om regtig te luister.



Sunday 6 March 2022

Geduld

 Hoe gaan ons probeer om geduldig te wees vandag.

Deur om een dag net vir vandag niks negatiefs te dink of te se nie.  As iemand uitlok om jou humeur te verloor stap liewers weg. Moet nie dadelik terug kap of terug antwoord nie.

Raak rustig en praat in 'n rustige stem. Teen die einde van vandag skryf neer wat het jou humeur laat verloor as jy het.

As jy sukses behaal het om eendag rustig en kalm te bly skryf jou sukses neer. 



Thursday 3 March 2022

Selfversekerd

 Wat dink jy behels om selfversekerd te wees? Jy het dalk 'n idee dat selfvertroue slegs spruit uit vorige sukses - dat jy eers kan weet hoe om selfvertroue te hê nadat jy baie suksesvol geword het. Hierdie soort kerngeloof beperk jou ernstig. Vertroue kom nie uit jou uiterlike prestasies nie - dit kom van binne. Om selfversekerd te wees, beteken dat as jy misluk, jy jouself kan optel en weer probeer in plaas daarvan om handdoek in te gooi. Sodra jy daadwerklike stappe begin neem in die rigting van jou doelwit om selfversekerd te wees, sal jou oortuigings geleidelik begin stol. Dit is tyd om 'n groei-ingesteldheid aan te neem en te begin glo dat jy kan leer hoe om selfvertroue te bou. Soos Tony Robbins sê, "Wat jy ook al op 'n konsekwente basis in jou gedagtes hou, is presies wat jy in jou lewe sal ervaar."



Wednesday 2 March 2022

Bybel karakter

 Watter Bybel karakter pas by jou persoonlikheid.

Wel ek het drie verskillende toetse gedoen en al drie was verskillend.

Eerste een was ek Ester

Tweede een was ek Petrus

Derde een was ek Judas.

Van good to bad.  Van die drie sal ek liewers Petrus kies. 

Jy is 'n leier, maar 'n bietjie bulkop. Jy is passievol oor die Here, maar jy kan soms optree voordat jy dink. Tog is jy so dapper soos 'n leeu sodra God jou rigting gee. Ander sal kyk na jou vir leierskap.

Dit beskryf my die beste!!

Ek gaan die drie websites vir julle gee doen die quiz en kyk watter drie jy is. En stuur vir my email met jou resultate.

Which Bible Character Are You? - Beliefnet

Which Bible Character Are You Most Like? Take This Quiz To Find Out! (faithit.com)

Quiz Result: What character are you from the Bible? (proprofs.com)




Tuesday 1 March 2022

Laat gaan en laat God

 Waaraan hou jy nog vas? Vrees, beheer, ...?

Ons as mens sukkel maar om te laat gaan aan dinge wat God wil he ons moet vir Hom gee.

Dit is so maklik om te dink ons beheer alles en ons wil alles beheer. 

Laat gaan vandag jou vrese of beheer om alles self te wil doen.

Laat God alles beheer in jou lewe, en sien dat alles ten goede meewerk want Hy weet die beste.

Geniet vandag en leef vreesloos.