Wednesday 9 March 2022

Almal het liefde nodig

 Liefde is soos water vir 'n plant. As jy nie liefde ontvang nie is jy leeg van binne af.

Liefde is die karakter van God. God is liefde. God plaas liefde in jou hart om so ook aan ander te kan gee.

Gee en jy sal ook ontvang. As mense nie vir jou liefde gee nie God sal. 

As jy vandag nie geliefd voel nie soek dit by God en nie by mense nie.  Mense stel jou teleur maar God nie.

Liefde is 'n werkwoord dit moet in dade bewys word. As ons 1 Kor 13 lees wys dit vir ons wat liefde is.

Moet nie iemand vandag sleg behandel wat jou irriteer nie.  Moet nie vandag ongeskik wees nie, leef jou liefde uit vandag. Daar is iemand daarbuite wat liefde brood nodig het.



No comments:

Post a Comment