Monday 14 March 2022

Volg die stappe

 Ons het nou besluit ons wil iets verander in ons karakter, nou volg ons die volgende stappe.

bv. Jy besluit jy wil meer geduldig wees

Stap 1

Teken 'n plan wat jy elke dag gaan doen om meer geduldig te wees.  'n Aksie plan wat jy gaan doen.

Voor jy wil kwaad raak of ongeduldig wil raak, kies liewers om te sing.

Stap 2

Tree dadelik op as die ongeduld wil uitspring. Moet nie wag totdat die situasie so erg raak dat jy ongeduldig word nie.  Dink liewers positiewe gedagtes as negatief.

Stap 3

Luister na advies. Luister wat ander te se het. Luister na God se stem. Raak stil voordat jy uiting gee aan jou emosies.

Stap 4

Se vir jouself jy is 'n geduldige persoon. 

Volg hierdie stappe om enige verandering in jou karakter te maak, maar onthou jy het die hulp van die Here nodig want dit is Hy wat die verandering bring. Werk saam met Hom en maak Hom jou vennoot in die lewe.



No comments:

Post a Comment