Monday 21 March 2022

Vers vir die dag

 Dit sal goed gaan met mesne wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

Hulle is soos bome wat langs 'n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig 'n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.

Maak nie saak wat die omstandighede rondom jou is nie. Jy moet vrugte dra wat by jou bekering pas.




No comments:

Post a Comment