Wednesday 30 September 2020

God se teenwoordigheid

Ons dien 'n wonderlike God. Hy is baie sterk. Hy kan sorg dat julle nooit in die sonde val nie. Hy kan julle beskerm sodat julle veilig by Hom in sy nuwe wêreld aankom, vol vreugde en met lofliedere in julle hart sodat julle sy grootheid vir altyd kan beleef. Toe jy 'n gelowige geword het, was dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy het 'n vyand, satan, gekry om teen te veg. Veg daardie geveg voluit deur naby aan God te bly, want dan sal jy ook vir ewig saam met Hom leef. Bly uit 'n dwaas se pad. Hy eet nie hoe om reg te leef nie. Luister eerder na iemand wat die lewe ken. Ek voel gerus om te weet dat die Her vir die mense sal sorg wat hulp nodig het. U is oral. Daar is nie 'n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie.

Pin on Daaglikse gedagte | Bybelvers vir die dag | Woord vir vandag

 

Tuesday 29 September 2020

Hoe om vandag te leef

Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil he hulle moet leef. Die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekend gemaak. Alhoewel Niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. So as 'n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk, dit sal 'n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef, hy trap nie op ander nie, maar neem hulle gevoelens in ag so 'n persoon is ook nie dwarstrekkerig en moeilike om mee saam te werk nie, hy vergewe ander maklik en doen graag dinge vir ander sonder om iets terug te verwag, wat hy doen sal altyd net goed vir ander wees. Hy sal nie op 'n Onregverdige manier kant kies nie. Jy sal altyd weet waar jy met hom staan . Soos hy voor jou is, so is hy ook agter jou rug. Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in Hemelse taal.

Pin on Wisdom Quotes

Monday 28 September 2020

Wees dankbaar

As ons bid tot God dan bring ons, ons lysies voor Hom. Ons probleme en ons angs. Vandag as jy bid wys jou Dankbaarheid. Se dankie vir alles wat jy wel het en vergeet van die dinge wat jy dalk tekort kom. Wees dankbaar vir jou gesondheid, daar is soveel dinge wat ons net vanselfsprekend aanvaar. Doen iets vandag om jou Dankbaarheid te bewys Gedagte vir Vandagaan ander en aan God.

 

Sunday 27 September 2020

Vrede

Dit  moet ook vir julle baie belangrik wees om die vrede wat Christus vir julle gegee het, tot elke prys te bewaar. As julle met mekaar begin vassit, maak juis dan die keuse vir die vrede van Christus. Om die vrede te bewaar is belangrik, want God verwag van julle om soos een liggaam saam te werk. Hy wil geen dwarstrekkery he nie. En moenie vergeet om altyd vir God dankie te se vir al hierdie dinge nie.

LiefdevirJesusChr on Twitter: "U is my toevlug en vesting, ek vertrou my  Vader. #toevlug #vesting #vertrou #God #Here #Vader #Jesus #JesusChristus  #LiefdevirJesusChristus… https://t.co/yc0yVDkZwu"

Thursday 24 September 2020

Jesus en gebed

Kort daarna het Jesus een aand teen 'n berg opgeklim om te gaan bid. Hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring. Ons wil net kort stilte tye he. Net gou 5 minute saam met God.  Dalk strek ons dit 'n halfuur lank.  Het ons al ooit 'n hele nag deurgebring in gebed?  Ons lees weer in die Bybel: Dit was nog donker toe Jesus die volgende more na 'n stil plek toe is om rustig met God te gaan praat. Ons kan heeltyd met God in gesprek wees, daar is niks daarmee verkeerd nie. As ons wel Sy stem wil hoor, en weet wat Sy wil is, dan is dit nodig om na 'n stil plek te gaan om te bid. As ons kyk na die lewe van Jesus hier op aarde, was Hy baie besig, maar tog het Hy gereeld na stil plekke toe gegaan om 'n bietjie stilte te he om te bid. Hoeveel te meer het ons dit nie nodig om dit te doen nie? Wat is Jesus se opdrag aan ons?  Julle moet ernstig bid dat julle nie in die versoeking beland nie. Gaan na 'n stil plek toe waar Niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met God. As julle van God iets vra, moet julle ook nie wonder of julle dit gaan kry nie. Julle moet so op God vertrou dat dit vir julle eintlik moet voel of julle dit al klaar gekry het. Julle antwoord dalk vandag: Ja ons bid maar God gee nie vir ons wat ons vra nie. Daar is 'n Goeie rede vir dit, julle motiewe is verkeerd. Dit gaan net om julleself en om Niemand anders nie. So wat is die oplossing: Jy hoef jouself oor niks te bekommer nie. Met 'n dankbare hart gaan praat met God oor al jou probleme, Hy luister en sal jou antwoord op die regte tyd en op sy manier. Ons kan dus heeltemal vry en vol selfvertroue met God praat.

Pin on kaalvoet Afrikaans

 

 

Tuesday 22 September 2020

Maak tyd vir God

Ons begin om terug te keer na normal. Almal moet weer terug wees by die werk. Die kinders gaan weer in roetine na die skool toe.  Ons tyd word nou weer beperk met afsprake en jaag na punt A na punt B. Maak tyd nog om stil te word. Maak tyd om te lees en te bid.

Luister na opbouende woorde en omring jou met positiewe mense. Los die negatiewe en skinder Praatjies.

Bou 'n vaste roetine waar jy tyd inspan om na jouself ook te kyk. Maak tyd vir jou gesin en raak stil en vertrou op die stem van God.

Loof en prys die Here elke dag, vir al die klein seëninge wat Hy gee.

Elke dag kom uit Sy hand gevul met beloftes dat Hy vir ons sorg.

Bid elke dag iets spesifiek. Geduld is altyd bo-op my lys. Geneig om altyd te jaag en haastig te wees. Om asem te haal en net te kyk sien 'n mens iets raak wat jy sal mis met al jou gejaag.

Onthou met God se krag is ons tot alles in staat.

Afrikaans ♡ | Afrikaans quotes, Good morning quote, Afrikaanse quotes

Monday 21 September 2020

Gebed vir vandag

 
Tel my op Here
en hou my in U liefdevolle arms
beskerm my teen die druk van die dag
en verwyder die swaarmoedigheid uit my hart.
Inspireer my met die kennis dat ek en U alles kan hanteer.20+ Best Kaart boodskappe in Afrikaans images | afrikaans, afrikaans  quotes, afrikaanse quotes
 
 

Sunday 20 September 2020

Die weg van die regverdiges

Happy and healthy are those who refuse to listen to the selfish or practice the methods of exploitation or develop minds that mock God and his designs.
Stap nie ... staan nie ... sit ook nie: Die geseënde man doen sekere dinge nie. Daar is 'n manier waarop hy nie sal loop nie, 'n pad waarin hy nie sal staan nie, en 'n sitplek waarop hy nie sal sit nie.

Ons kan sê dat dit spreek van dink, optree en behoort. Die regverdige en die goddelose is verskillend in hoe hulle dink, hoe hulle optree en aan wie hulle behoort.
The righteous delight in God's methods.
Wat maak jou gelukkig? Wat maak jou opgewonde? Dit is 'n goeie manier om te sien wat vir jou belangrik is. As persoonlike plesier die enigste ding is wat jou gelukkig maak, dan is jy 'n selfsugtige persoon. As jy met jou familie of vriende bly is, kan dit beter wees, maar dit skiet steeds tekort. Die regverdige vind sy behae ... in die wet van die HERE.
Hoe die regverdige geseënd is.

Hy sal soos 'n boom wees
Geplant deur die riviere van water,
Dit lewer sy vrugte op sy tyd,
Wie se blaar ook nie verwelk nie;
En alles wat hy doen, sal voorspoedig wees.
Dit sou ook 'n sterk en stabiele boom wees wat in diep wortels sak. Die lewe van die regverdige word gekenmerk deur krag en stabiliteit.
Pastoor allen 25 mei 2014
 

Thursday 17 September 2020

Gebed

As jy bid, sal Hy jou hoor en antwoord. Dan sal jy ook doen wat jy Hom beloof het jy sal doen.  God wat my red, help my asb. wanneer ek by U hulp kom vra!  U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gegee, in 'n krisis het U altyd die antwoorde. Luister na my gebed. Laat die regte dinge gebeur in my lewe.  Beskerm my, want ek is in die nood. Ek is desperaat. My gebed is ook om dankie te se vir alles wat U vir my doen. Ek kan U vertrou.

 Leef in god se teenwoordigheid 15 Jan

Wednesday 16 September 2020

Leef in vrede met mekaar.

God is in beheer. Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Dit is U wat my sterk maak, om vandag voluit te leef. Leef eerlik in alles wat jy doen. Dit sal dan goed gaan met jou, jy sal volle Blydskap ervaar. Voordat jy praat vandag dink voordat jy iets se. Leef in vrede met mekaar. As jy ander liefhet ervaar jy groot vreugde. Kalmte en vrede is baie goed vir jou gesondheid.

500+ Best Afrikaans ⭐️ images in 2020 | afrikaans, afrikaans quotes,  afrikaanse quotes

Tuesday 15 September 2020

Leef vandag anders

Luister na musiek wat jou bui kan verander. Die gesegde is altyd jy het met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. Musiek speel 'n rol hoe jou emosies kan verander. Gaan stap in die oggend en luister na al die natuur se Geluide. Neem alles rondom jou in.  Geniet die natuur wat ons het. Pluk blomme en ruik dit, gebruik al jou sintuie om dit te waardeer wat om jou is. Speel met jou kinders of jou diere. Maak tyd vir dit wat belangrik is en hou op om te jaag van punt A na punt B. Alles is amper weer terug na normaal en ons gaan vergeet hoe lekker dit was om net tyd saam met ons gesin deur te bring. Wees lief vir jouself en vir ander. Vind vandag 'n taak wat jy vir iemand anders kan doen. Lag 'n slag, die lewe en sy probleme is ernstig genoeg. Lag is die beste medisyne, wees laf saam met jou kinders. Leef vandag voluit. Vergeet van gister en moet nie nou al aan more dink nie. Wees vriendelik vandag met almal wat jy sien.

Gedagte vir die dag – Vroeër – Weskerk

Monday 14 September 2020

Wat is liefde?

Laat ons aanhou om mekaar lief te he, want liefde kom van God af. Jesus bewys sy liefde aan ons om ons Sy kinders te noem. Niks kan ons skei van God se liefde nie.Volg Jesus getrou in sy liefde. Wys aan jou medemens liefde deur dinge te doen wat hulle nie vir hulleself kan doen nie. Almal smag na liefde. Die liefde wat jy wil he kan net deur God gevul word. Ons is belangrik vir God.

Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER »  Somerstrand Gemeente

Sunday 13 September 2020

Leef in Vryheid

Jy het 'n keuse om vry te leef. As jy 'n kans kry leef vry van sonde. Kies die regte pad en kies om reg te doen. Net God kan jou regtig vrymaak van jou verlede en jou sondes. Gee Hom 'n kans in jou lewe. Hou vas aan Vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Die belangrikste wat jy vandag kan doen is om iemand anders lief te he. Hierdie Vryheid wat God vir ons gee is nie 'n verskoning om te leef net soos ons wil nie.

Gedagte vir die dag – Stroomop – Weskerk

Thursday 10 September 2020

God se liefde

Terwyl ons slaap, waak God oor ons. Wanneer ons waak is Hy daar, Hy ken ons so goed. Hy verskyn in ons swakste en kwesbaarste tye. Hy is daar wanneer dit goed gaan. Hy vergewe ons sondes. Hy leef binne in ons. Hy ken ons geheime en ons vrese. Hy weet ons doel en hoekom ons hier is. Hy is daar vir jou wanneer jy Hom nodig het. Hy is die lig in die duisternis volg Hom oral waar jy gaan. Hy vertrou jou, so glo in Hom. Hy ken jou wanhoop en die druk wat op jou skouers is. Maak tyd vir jou geliefdes en maak tyd vir God. Bly wandel op die pad wat die Here vir jou wys. Bly Gefokus op jou doelwitte.

Pin on se goedjies

Wednesday 9 September 2020

Loof die Here

Laat jou hart vanoggend bly wees  en loof die Here. Laat jou hart oor loop van vreugde. Die rede vir al jou vreugde: Die Here red en bewaar jou van sonde.  Ons harte kan elke dag vol Blydskap wees geen rede tot kommer. Al voel vandag of die wêreld druk, loof Hom nogsteeds want Hy sal jou gebed verhoor. Sy tyd is volmaak en altyd perfek. Los jou probleme by Sy voete. Hy sal dit hanteer. Loof Hom vir die liefde wat Hy vir jou gee. Loof Hom terwyl jy nog lewe. Alles wat asem het Loof die Here.

Gedagte vir die dag – Hoor – Weskerk

 

 

Tuesday 8 September 2020

Beantwoorde Gebed

Daar is geen keer aan julle Blydskap nie. Niemand sal julle meer hartseer kan maak nie. Wanneer dit eers gebeur, sal van al julle vrae nie meer oorbly nie. Julle sal ander dinge begin vra. Wat julle ook al van God vra sal God gee. As julle iets van God vra, moet julle ook nie wonder of julle dit gaan kry nie. Julle moet so op God vertrou dat dit vir julle eintlik moet voel of julle dit al klaar gekry het, en God sal dit vir julle gee. Ek wil nooit vergeet hoe goed die Here vir my is nie. Ek loof Hom! Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Hy red my uit die kloue van die dood. Hy maak dat ek vir ander mense omgee en Goeie dinge vir hulle doen. Die Here oorlaai my met al die Goeie dinge in die lewe. Hy gee my arms vol krag. Wanneer jy God om hulp vra, sal Hy jou help. Hy sal jou in enige krisis bystaan.

Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid » Somerstrand  Gemeente

Monday 7 September 2020

'n Gebed van dankbaarheid

Ons maak die Here se Naam groot, want Hy is baie goed vir ons. Sy liefde vir ons hou nooit op nie. Hy is regverdig teenoor alle mense. Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie se. Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het. Laat ons na Hom toe gaan met al die dankies wat uit die diepte van ons hart kom. Sy Goedheid hou aan vir altyd. Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het.  Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees.

30+ Best Quotes : dankbaarheid images | afrikaans quotes, quotes, afrikaans

Sunday 6 September 2020

Hoe hoor ek God se stem

Deur stil te word en te erken dat Hy God is. Jy leer Hom ken deur sy Woord, en daardeur praat Hy met ons. As ons met alles in ons na Hom soek, sal ons by Hom uitkom. Ons sal ons doel bereik deurdat Hy die taal van ons hart sal verstaan. God se stem word ervaar binne-in ons. Ons sal Sy stem ken en agter Hom aangaan.  Ons herken die boodskap. Die boodskap van liefde en onselfsugtigheid. Leef vir ander en nie net vir jouself nie. Reik uit na ander. Jy beleef God se stem as jy van jouself vergeet en ander help. Leef Volgens elke Woord van God. God wil jou vriend wees, gee Hom 'n kans in jou lewe.

Afrikaanse Inspirerende Gedagtes & Wyshede: Die woorde uit jou mond wys hoe  jou hart aan die b... | Afrikaanse quotes, Inspirational quotes, Afrikaans  quotes

Thursday 3 September 2020

Leef as 'n oorwinnaar

Die gedagte aan moeilike tye maak ons nie bang nie. Ons hoef nie in angs te leef nie. Daar is oral om ons gevare wat ons wil oorval.  Maar ons hoop is op God. Ons weet Hy is elke dag by ons. Die wat jou tot 'n val wil bring sal self in die skande kom. Daar is geen rede vir jou om moed te verloor nie. Ons kan hard werk en elke dag goed beplan, maar sonder die Here is alles tevergeefs. Ons kan daaglikse moelikhede hanteer met God se krag. Ons is oorwinnaars in Jesus.  Jy is op die regte plek waar God jou kan gebruik.

Ek glo.. | Afrikaanse quotes, Afrikaans quotes, Good night quotes

 

Wednesday 2 September 2020

Lag vandag

Jy kan uitroep van Blydskap, dit is 'n nuwe dag met nuwe geleenthede.  Jy het elke dag nuwe moed. Jy kan vandag 'n vriendelike gesigsuitdrukking he. Die Here beheer jou lewe van begin tot einde. Jy ken die einde jy weet wie gaan wen, dit is 'n groot rede om te lag vandag.  Die Here sorg vir jou, Hy weet wat is die beste vir jou. Die Here gee vir jou Voorspoed. Die Here is die een wat jou uit jou probleme help. Ons kan vandag voluit lewe en voluit die dag geniet en lag. Dit is Blydskap wat ons vrolik maak.

Afrikaanse Inspirerende Gedagtes & Wyshede: Die woorde uit jou mond wys hoe  jou hart aan die b... | Afrikaanse quotes, Afrikaans quotes, Inspirational  quotes

Tuesday 1 September 2020

"n Koningskind

Net soos 'n boom wat 'n baie Goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal Vriendelikheid en warmte uit, daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen Goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Gaan kyk dus 'n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die Goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurige met ander gelowiges te vergelyk. Ons leef elke dag net uit God se Goedheid. Daarom is ons baie bly en Opgewonde, want ons weet dat God se nuwe wêreld op ons wag. Daar sal ons sy heerlikheid sien. Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met Blydskap en vreugde. Dan sal julle deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop he. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. Ons liefde moenie net uit 'n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is.

Pin on Afrikaanse Groete