Tuesday 1 September 2020

"n Koningskind

Net soos 'n boom wat 'n baie Goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal Vriendelikheid en warmte uit, daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen Goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Gaan kyk dus 'n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die Goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurige met ander gelowiges te vergelyk. Ons leef elke dag net uit God se Goedheid. Daarom is ons baie bly en Opgewonde, want ons weet dat God se nuwe wêreld op ons wag. Daar sal ons sy heerlikheid sien. Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met Blydskap en vreugde. Dan sal julle deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop he. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. Ons liefde moenie net uit 'n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is.

Pin on Afrikaanse Groete

No comments:

Post a Comment