Tuesday 29 September 2020

Hoe om vandag te leef

Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil he hulle moet leef. Die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekend gemaak. Alhoewel Niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. So as 'n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk, dit sal 'n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef, hy trap nie op ander nie, maar neem hulle gevoelens in ag so 'n persoon is ook nie dwarstrekkerig en moeilike om mee saam te werk nie, hy vergewe ander maklik en doen graag dinge vir ander sonder om iets terug te verwag, wat hy doen sal altyd net goed vir ander wees. Hy sal nie op 'n Onregverdige manier kant kies nie. Jy sal altyd weet waar jy met hom staan . Soos hy voor jou is, so is hy ook agter jou rug. Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in Hemelse taal.

Pin on Wisdom Quotes

No comments:

Post a Comment