Tuesday 15 September 2020

Leef vandag anders

Luister na musiek wat jou bui kan verander. Die gesegde is altyd jy het met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. Musiek speel 'n rol hoe jou emosies kan verander. Gaan stap in die oggend en luister na al die natuur se Geluide. Neem alles rondom jou in.  Geniet die natuur wat ons het. Pluk blomme en ruik dit, gebruik al jou sintuie om dit te waardeer wat om jou is. Speel met jou kinders of jou diere. Maak tyd vir dit wat belangrik is en hou op om te jaag van punt A na punt B. Alles is amper weer terug na normaal en ons gaan vergeet hoe lekker dit was om net tyd saam met ons gesin deur te bring. Wees lief vir jouself en vir ander. Vind vandag 'n taak wat jy vir iemand anders kan doen. Lag 'n slag, die lewe en sy probleme is ernstig genoeg. Lag is die beste medisyne, wees laf saam met jou kinders. Leef vandag voluit. Vergeet van gister en moet nie nou al aan more dink nie. Wees vriendelik vandag met almal wat jy sien.

Gedagte vir die dag – VroeĆ«r – Weskerk

No comments:

Post a Comment