Thursday 24 September 2020

Jesus en gebed

Kort daarna het Jesus een aand teen 'n berg opgeklim om te gaan bid. Hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring. Ons wil net kort stilte tye he. Net gou 5 minute saam met God.  Dalk strek ons dit 'n halfuur lank.  Het ons al ooit 'n hele nag deurgebring in gebed?  Ons lees weer in die Bybel: Dit was nog donker toe Jesus die volgende more na 'n stil plek toe is om rustig met God te gaan praat. Ons kan heeltyd met God in gesprek wees, daar is niks daarmee verkeerd nie. As ons wel Sy stem wil hoor, en weet wat Sy wil is, dan is dit nodig om na 'n stil plek te gaan om te bid. As ons kyk na die lewe van Jesus hier op aarde, was Hy baie besig, maar tog het Hy gereeld na stil plekke toe gegaan om 'n bietjie stilte te he om te bid. Hoeveel te meer het ons dit nie nodig om dit te doen nie? Wat is Jesus se opdrag aan ons?  Julle moet ernstig bid dat julle nie in die versoeking beland nie. Gaan na 'n stil plek toe waar Niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met God. As julle van God iets vra, moet julle ook nie wonder of julle dit gaan kry nie. Julle moet so op God vertrou dat dit vir julle eintlik moet voel of julle dit al klaar gekry het. Julle antwoord dalk vandag: Ja ons bid maar God gee nie vir ons wat ons vra nie. Daar is 'n Goeie rede vir dit, julle motiewe is verkeerd. Dit gaan net om julleself en om Niemand anders nie. So wat is die oplossing: Jy hoef jouself oor niks te bekommer nie. Met 'n dankbare hart gaan praat met God oor al jou probleme, Hy luister en sal jou antwoord op die regte tyd en op sy manier. Ons kan dus heeltemal vry en vol selfvertroue met God praat.

Pin on kaalvoet Afrikaans

 

 

No comments:

Post a Comment