Tuesday 30 August 2022

Jou Bekommernisse

 Gee vandag jou Bekommernisse vir die wind en sien hoe dit weg waai. Moet nie daaraan vashou en heeltyd daar oor top nie. Dit roof jou van tyd wat jy anders kon benut het. Jy gaan dalk niks aan die saak kan doen of verander nie. 

Jou keuse is om dit te laat gaan, en aan dinge te werk wat jy wel kan beheer. Jou optrede en jou tyd. Bestee jou tyd so dat wat jy jou aandag aan gee is dinge wat binne jou beheer is.

Jy kan nie ander mense se reaksies beheer nie, net jou eie.  Leef vandag sonder sorge, as iets wil opkom wat jy weet jy nie kan beheer nie staan buite kyk na die wind en laat die sorge weg waai.



Monday 29 August 2022

Die Lesse

 Hou ons ooit op om te leer?

As kind word ons lesse geleer om in die groot wêreld te kan gebruik. 

Op skool leer jou kind vaardigheid aan om eendag 'n goeie werk te kan doen.

Watter lesse is belangrik? Leer ons, ons kinders hoe om God se lesse vir ons lewe te gebruik.

Watter lesse kan ons leer hoe God vandag met jou werk.

God het net een doel: Om jou by Hom Tuis te kry. Hierdie is nie ons tuiste nie. 

Wat leer God jou deur hierdie tydperk wat jy gaan. As jou lewe "smooth" gaan en jy het geen versoekings of struikelblokke in jou pad nie. Loof God in die tyd.

Lyk jou pad donker en onbekend, dit is dit tyd wat God vra om Hom te vertrou. Jou geloof is dit wat jou dra. God verander nooit nie Hy is dieselfde vandag en more.

Moet nie dat Satan jou vreugde steel nie. God is by jou neem sy hand leer die les vandag en vertrou Hom Hy is in beheer van jou lewe. Hy weet die beste vir jou, moet nie Sy tyd aan jaag nie. 

Loof Hom in jou wag, in jou vreugde, in jou hartseer tyd.



Sunday 28 August 2022

Daar is lig in elke stryd

 Watter stryd jy ook deur gaan daar is lig aan die einde van die tonnel.

Ons voel Partykeer vasgevang in ons tonnel en sien nie die uitkoms nie. Dan probeer ons self die uitkoms vir ons maak, en dit eindig nie altyd goed nie.

Om te wag is nie maklik nie. Om te vertrou in 'n donker tonnel is ook nie maklik nie. Ons kan nie die toekoms sien nie, maar God is en bly in beheer van ons toekoms.

Hou vas aan sy Hand vandag en loop saam met Hom in jou donker tonnel en jy sal agter kom dit is nie so donker saam met Hom nie.



Thursday 25 August 2022

2 soorte Intelegensie

 Daar is twee soorte intelligensie: een verwerf,

as kind in die skool memoriseer feite en konsepte

uit boeke en uit wat die onderwyser sê,

inligting in te samel uit die tradisionele wetenskappe

asook uit die nuwe wetenskappe.


Met sulke intelligensie styg jy in die wêreld.

Jy word voor of agter ander gerangskik

met betrekking tot jou bevoegdheid om te behou

inligting. Jy kuier met hierdie intelligensie

in en uit kennisvelde, kry altyd meer

merke op jou preserveertablette.


Daar is 'n ander soort tablet, een

reeds voltooi en in jou bewaar.

'n Lente wat oor sy springkas loop. 'n Varsheid

in die middel van die bors. Hierdie ander intelligensie

word nie geel of stagneer nie. Dit is vloeibaar,

en dit beweeg nie van buite na binne nie

deur leidinge van loodgieter-leer.


Hierdie tweede wete is 'n fonteinkop

van binne jou, uitbeweeg.



Tuesday 23 August 2022

Bemoedigende woorde:

“Wat vir ons na bittere beproewings lyk, is dikwels vermomde seëninge.

Hou uit en wag, daar is 'n uitkoms. 

Jou moeilikste tyd lei jou dikwels na die grootste oomblik van jou lewe. Hou aan. Moeilike Situasies skep uiteindelik sterker mense.

Die waarheid is dat die lewe altyd in ons pad kom. Maar so lank jy nog asem haal en jy lewe, is daar altyd die geleentheid om weer op jou voete te kom en vorentoe te beweeg. Woorde kan swaarde of boustene wees om jou nader aan die lewe te bring wat jy wou hê. Kies die woorde wat jy wys gebruik. Herhaal hierdie bemoedigende woorde daagliks. Hierdie bemoedigende woorde sal jou help om te draai.



Monday 22 August 2022

Gebed vir vandag

 Gebed vir Daaglikse Beskerming

Liewe Heer,

Genees asseblief en beskerm ons vandag teen alle negatiwiteit, seerkry, wrok en boosheid.

Help ons asseblief om selfsug te vermy en help asseblief om ons verhouding saam te groei en te versterk.

Help ons asseblief met al die besluite wat ons in die toekoms moet neem en help ons asseblief om hierdie besluite Volgens u wil te neem.

Beskerm ons asseblief teen skade.

Beskerm ons asseblief teen siekte.

Help ons asseblief om jou beter te dien en jou trots te maak.

Vergewe ons asseblief vir ons sondes en ons foute.

Amen



Sunday 21 August 2022

Hoekom wag?

 Hoe anders sou jou lewe wees as God nie vir jou gesȇ het om te wag nie.

Dit sou dalk vrek lekker wees net 'n klap van die vingers en jy het alles wat jou hart begeer en jy het glad nie gewag nie.

So wat wil God jou leer om te wag:

Hy is in beheer. Hy ken die toekoms. Hy sien voor uit. Hy weet wat die beste is vir jou.

Is dit maklik om te wag? Nee glad nie, jy raak Moedeloos en kwaad om so te wag en weet nie wanneer dit gaan ophou nie. 


Maar eending bly seker God is getrou en sal jou nie alleen laat nie.

Jas 1:12  If your faith remains strong, even while surrounded by life’s difficulties, you will continue to experience the untold blessings of God! True happiness comes as you pass the test with faith, and receive the victorious crown of life promised to every lover of God! 



Wednesday 17 August 2022

Inspirerende gedagtes vir die dag

 Moenie doelwitte stel wat te ver buite bereik is of buite jou vermoë is om te bereik nie. Hou aan om die klein oorloë te wen, een op 'n slag, en jy is seker om die oorlog te wen.

Moenie toelaat dat die gedagte "dit lyk te moeilik" in jou gedagtes opkom nie, as dit dit eenvoudig ophou asof dit nie gebeur het nie.

Vandag is 'n nuwe dag. Gryp dit aan.

"Ek dink die beste manier om selfvertroue te hê, is om nie toe te laat dat almal anders se onsekerhede jou eie is nie."

Tyd word nooit gemors as ek ten volle teenwoordig is nie.




Monday 15 August 2022

Jy is Uniek

 Niemand kan wees soos jy nie. Jy is 'n unieke persoon geskape met 'n doel wat net jy kan doen.

Jy kan jou met niemand vergelyk nie, jy is die enigste een wat daardie doel kan bemeester.

Kyk vandag na jouself met oe van liefde en aanvaarding. 

God het 'n doel met jou:

I know the plans that I have for you declares the Lord. They are plans for peace and not disaster, plans to give you a future filled with hope.



Sunday 14 August 2022

Hoop vir vandag

 Onthou die volgende vir vandag:

God is on my side no one can defeat me.

Dit is 'n nuwe dag 'n nuwe week waarin jy God kan loof vir alles wat Hy doen.

Wees bly die week en leef in vreugde. Sit 'n Glimlag op jou gesig en Groet almal wat jy sien.

Kies om die week die regte dinge te doen. Hou jou besig met die dinge wat saak maak.



Tuesday 9 August 2022

Behandel mense goed

 Behandel mense met hoflikheid en beleefdheid. Maak seker dat jy versoeke van mense maak en nie eise nie. Om goeie maniere te hê, is so eenvoudig soos om "dankie" en "asseblief" te sê wanneer jy iets van 'n ander persoon versoek. Om goeie maniere te hê, wys dat jy hul tyd en Moeite om jou te help respekteer

Respekteer jouself. Jy sal nooit respek aan mense kan betoon as jy nie kan leer om jouself te respekteer nie. Dink aan jou lewe en jou suksesse en mislukkings. Waardeer hoe ver jy in jou lewe gekom het, en oor weeg die lewens wat jy verander het. Kry selfvertroue en praat met selfvertroue sonder om arrogant te wees. Baie mense het probeer om respek vir ander te toon, maar het misluk as gevolg van hul baie lae selfbeeld wat daartoe lei dat hulle Negatief teenoor ander is uit pure jaloesie.

In plaas daarvan om mense Volgens hul verlede te oordeel, staan by hulle en help hulle om hul toekoms te bou. Almal het 'n verlede. Sommige is 'n bron van trots, en ander word die beste agter gelaat. Maar wat ook al hul verlede, mense verander en groei, so in plaas daarvan om te oordeel, staan by en ondersteun hulle terwyl hulle na hul toekoms beweeg. Behandel hulle met respek en maak hul reis jou eie.



Thursday 4 August 2022

Gesonde aktiwiteite

Parkeer jou kar verder van die winkels of van jou werk af en loop dan die distansie.

Hou elke vrydag aand 'n kampvuur buite en praat met jou gesin oor die week.

Neem jou "lunch" tyd na buite en neem die vars lug in.

Loop meer en sit minder. 

Maak tyd vir jou gesin en vir jouself. Tyd is kosbaar.

 


Tuesday 2 August 2022

See of Berge

 Waar wil jy graag wees, die see of die Berge?

Volgens studies hou jy van die see as jy 'n ekstrovert is en van die berge as jy 'n introvert is.

Is jy 'n aktief en hou van sport dan hou jy van die see. Hou jy van die natuur dan sal jy die berge Kies.

Hou jy van mense om jou is die see net die plek vir jou. Hou jy van jou eie geselskap dan Kies jy die berge.

Is jy heeltyd besig en kan nie stil word nie, Kies jy die see. Kan jy maklik afskakel dan Kies jy die berge.

Soek jy altyd om te wen of is jy kreatief. Kreatiewe mense hou van die berge, maar wenners soek die see.

Is jy die een wat die gesprek oor neem dan is jy die persoon wat by die see pas. Is jy 'n goeie luisteraar dan wel is die berge vir jou.

Jy Kies die see of berge Volgens jou persoonlikheid.

So as jy die een is wat heeltyd in die "spotlight" wil wees hou jy van die see, maar jy het dalk die berge nodig om rerig te gaan rus en bietjie van ander te vergeet en tyd met jouself deur te bring.

Hou jy van stilte en net jou eie geselskap dan het jy dalk bietjie die see nodig om uit jou "comfort zone" te gaan en ander mense te ontmoet.



Monday 1 August 2022

Doen die 5 dinge

 1. Gaan hou ȇrens piekniek in die middel van die week. Hoekom eers wag vir 'n geleentheid of vir die naweek doen dit sommer vandag.

2. Se hallo vir iemand wat jy normaal weg wil vermei. Die kollegas wat die moeilikste is die kind wat jou die meeste irriteer.

3. Doen 'n nuwe hantekening. Verander jou skrif. Skryf links vandag of regs. 

4. Dans en sing saam jou kinders. Maak jou eie karaoke aand.

5. Eindig jou dag met 'n lekker bad met kerse en geniet alleen tyd.