Tuesday 2 August 2022

See of Berge

 Waar wil jy graag wees, die see of die Berge?

Volgens studies hou jy van die see as jy 'n ekstrovert is en van die berge as jy 'n introvert is.

Is jy 'n aktief en hou van sport dan hou jy van die see. Hou jy van die natuur dan sal jy die berge Kies.

Hou jy van mense om jou is die see net die plek vir jou. Hou jy van jou eie geselskap dan Kies jy die berge.

Is jy heeltyd besig en kan nie stil word nie, Kies jy die see. Kan jy maklik afskakel dan Kies jy die berge.

Soek jy altyd om te wen of is jy kreatief. Kreatiewe mense hou van die berge, maar wenners soek die see.

Is jy die een wat die gesprek oor neem dan is jy die persoon wat by die see pas. Is jy 'n goeie luisteraar dan wel is die berge vir jou.

Jy Kies die see of berge Volgens jou persoonlikheid.

So as jy die een is wat heeltyd in die "spotlight" wil wees hou jy van die see, maar jy het dalk die berge nodig om rerig te gaan rus en bietjie van ander te vergeet en tyd met jouself deur te bring.

Hou jy van stilte en net jou eie geselskap dan het jy dalk bietjie die see nodig om uit jou "comfort zone" te gaan en ander mense te ontmoet.



No comments:

Post a Comment